sommige oomblikke sit op jou asof
jy iemand onsigbaar abba op jou seer rug
die pad in die lewe raak lank
die tyd staan stil

sommige vind in die bottel verligting
sommige in self-haat
ander gee dit vir hulle God
maar tog voel hulle dit nog

sommige leer daaruit
en die vrag word ligter
as hulle dit verander in wysheid
en dit deel vir ander
om te leer
om swaar oomblikke te vermy

en dan sommige oomblike word vriende
word heimweë
word mooi onthou

oomblike is eierdop sensitief
mense
moet leer watter om te bêre
watter om van te leer
en watter om met liefde te omvou

(c) 2015 allen simpson
dankie vir al die oomblikke die goeie en die selgte, asook elkeen wat dit vir my gegee het, want dit het die gedig na my gebring. Namaste

Dankie Hanneliese vir die gebruik van die foto