Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Tag

Skaduland

Ligkastele (‘n ode vir Ra)

BESONDERHEDE

Ligkastele (‘ ode vir Ra) is een van my gunsteling gedigte. EK het dit geskryf nadat ek ‘n vertaalde weergawe van antieke Egiptiese geskrifte gelees het. Continue reading “Ligkastele (‘n ode vir Ra)”

Advertisements

Die brief vol Trane (‘n gedig vir Valentyn)

Besonderhede

Hierdie gedig wat ek nou met julle deel is baie spesiaal vir my, ek het ‘n dig kompetisie in 2013 gewen met hom by Solovlug. Continue reading “Die brief vol Trane (‘n gedig vir Valentyn)”

Eenhoring (Unicorn)

unicorn

In my herfs het ek jou gevind
nie wit soos engel vlerke nie
maar donker en liefdevol
soos ‘n uitgedroogte roos
wat haar skoonheid behou het…

jy het my leer plant
in die vrugbare grond van Hoop
waar wanhoop net ‘n Grimm mite was
jy is my unicorn
ek deel jou inspirasie met my woorde
ek sien jou…

(c) Allen Wolfie Simpson

uit my bundel “SKADULAND”

Arikaner wees en Maandae

Pragtige kruis
Pragtige kruis

Soms voel dit asof ‘n dag jou by die gorrel gryp, en Maandae veral is nou maar ‘n ‘ancient enemy’ met die mens. Jy word wakker met ‘n kreun en besef Sondag is weer dood al het hy stadig gesterf en jou week van marteling begin weer… Continue reading “Arikaner wees en Maandae”

Bewakers van Middernag

Bewakers Van Middernag
Bewakers Van Middernag

dit is stil (en die wind)

dit is stil en die wind
en ek mymer en dink
tyd staan stil
‘n vlieg kom sit op my leë koffiebeker
sy arrogante vryf van voorpote
soos ‘n tweedehandse ys verkoper aan ‘n eskimo
en ek dink hoeveel oomblikke het ek verkoop aan Vader Tyd
tyd is die subtielste van diewe
jy het dit nooit nie, tog het jy dit altyd.

daar is skimme in my kop
dit is stil…

en die wind

‘n vlieg verlaat die koffiebeker
tyd beweeg

(c) 2014 allen simpson

Profeet

‘The year 1999, seventh month,
from the sky will come a Great King of Terror;
To bring back to life the great king of the Mongols,
Before and after Mars to reign by good luck’
quatrain x-72 Michel Nostradamus

Nostradamus in jou kwatryne
noem jy nie die wyne
die LSD wat jou laat dobber het
op ‘n woeste see
in jou kop
en jy, priester waar was jou hart
verward
om so in jou pange van smart
van jou inner demone te vlug
om my wêreld weg te profeteer
jy kon beter probeer…

(c) 2012 allen simpson
kyk die priester het lekker getrip, ons wag nounog vir die Mongoolse koning om die wereld te eindig… hy is ‘n bietjie laat… 15 jaar…

Staal been

“Ons het in Williston gekuier het, toe ek nog ‘n kind was, nog skool gegaan het, toe kuier ons, my ma en pa en ons ses kinders, by my ouma-hulle in Williston in. My oupa, oupa Theron se pa, die een met die hand. Hy het so vinnig geloop met die kierrie, ook so ‘n kort mannetjie, soos wat oupa Theron was, en daardie tyd het hulle almal mos byname gegee, toe mense almal gepraat van Willem Staalbeen. (Daar gee hulle almal by name, daar was ‘n Stofberg ou, hulle het hom Stofpoepper genoem, want hy is so kort as hy poep trek die stof so, en een plaas se naam was lekkerlê, jong daar was verskriklike name). Continue reading “Staal been”

Gebed II

Sement my toe in jou sterk hart
kombers my toe in jou liefde
wys my die put van wysheid
waar jy jou oog gegee het…

Neem my na Valhalla,
duskant Ygdrasill
leer my om te lewe
leer my om te chill

Alvader stuur jou rawe
om te sien waar ek is
neem my op
die noordwind se rug…

en as U, o Odin,
Die saad van wysheid saai
Stuur die wind na my toe
om dit in my hart te waai…

(C) 2012 allen simpson

liefde maak

waarheen moet die liefde gaan
as dit soos gisters in toilette afgespoel word
soos aborsies bloedig in asblikke beland
waarheen moet die liefde gaan?

wat is jou liefde as jy haar net gebruik het
en dit liefde maak noem
en haar dan weggooi op ‘n ashoop
omdat een pienk strepie op ‘n stokkie
jou ‘n pa gemaak het

wat is jou liefde as jy net met hom geslaap het
omdat jy dink jy kon hom hou
omdat jy gedink het as jy jouself oorgee
sal hy jou lief hê

waarheen moet die liefde gaan
as julle dink ‘n nag se plesier
is liefde maak
liefde maak is om te troos as iemand pyn het
liefde maak is om te waak terwyl die een wat jou alles is
stadig dood gaan en jy daar is om die alleen weg te hou
liefde maak is om waneer die aand lank en alleen voel
die een wat jou hart besit net te bel en te sê:
hello….

liefde maak is nie seks nie, liefde maak is om een te wees
volkome een, sonder om jou klere uit te trek vir genot
liefde maak is om ‘n rook asem te soen
om in die oggend ‘n koffie te maak uit die hart
vir geen rede nie, net sommer
omdat die een in jou bed jou hart is…

liefde maak is pyn en plesier
liefde maak is te duur
vir mense wat liefde soek
op die verkeerde manier….

as jy op sewentig nog in die een wat jy liefhet
se lelike plooi gesig kan kyk
en daardie gesig vir jou nog soos ‘n engel lyk,
dan ken jy liefde maak
net dan

(c) 2014 allen simpson

ode vir ‘n kameelperd

Geneem op Zebra Lodge (c) allen simpson
Geneem op Zebra Lodge (c) allen simpson

In ‘n grasieuse oomblik het jy verskyn
en net daar gestaan
en my bekyk
asof jy my hart wou toets

in jou oë
was die universe versteek
en ek kon dit voel
tussen jou en my
was die gevoel
dat ons een is
gekonnekteer
soos die web van Wyrd

ons is broers
saam geskape
gebore
in Moeder Aarde
kameelperd en die wolf
albei digters in ons eie manier
elke oomblik
as ek aan jou dink
is dit ‘n vers, ‘n gedig
want jy is ‘n muse
net deur te wees

(c) 2014 allen simpson

Soos die weird mannetjie wat ek is, het ek met die kameelperd gepraat en hy het aandagtig geluister. Ek het so naby aan Die Gode gevoel. Dit was ‘n spesiale oomblik. Hanneliese was ook daar en het gesê die oomblik was vir haar ook spesiaal want sy het gehoop om die naweek ‘n kameelperd te sien.

Die gedig word opgedra aan Hanneliese Oberholzer, aan die Aard Moeder en aan alle kameelperde, almal van hulle, sommer net

Blog at WordPress.com.

Up ↑