Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Tag

Skaduland

gedagtes uit ‘n bloekomwoud

2014-06-16-13-58-041.jpg

 

Tussen gister en vandag
raak my probleme
vergete
as my gedagtes dwaal
in die bloekomwoud

tussen nou en netnou
is daar ‘n oomblik
‘n huidige swanger oomblik
waar nuwe dinge wag
en my pen wil bloei
vir jou dit neerskryf
net vir jou

tussen my en jou
‘n miljoen woorde
wat krioel in my hart
tussen ons
net ons

my gedagtes loop
in die bloekomwoud
ek wolf, en jy jakkals,
wat trou
in reën en sonskyn

want tussen jakkals en wolf
lê geheime
wat net my pen kan sê
as my tong kruppelkruip
en my kniee jellie-verdrink in my gemoed

ja tussen my en jou
‘n miljoen woorde
wat krioel in my hart
tussen ons
net ons
gebore in ‘n bloekomwoud

(c) 2014 allen simpson
Foto en gedig gekopiereg

Die gedig is geinspireer deur die foto van die bloekomwoud wat ek geneem het

Advertisements

Patrone

ingeweef met prag en goue hekelgare
die susters kyk met een oog
Kloto spin die lewensdraad,
… Lachesis wat dit toewys
en Atropos, o Atropos
knip knip af

(regret comes too)

bewaar jou siel
en bewaar jou hart
die dogters van Themis
verstaan van smart
en wees tog slim
as jy hul oog wil steel
dat blinde hande nie
knip waar jou hart
sy sterkste liefde deel.

(the reaper’s coming…)

Patrone vorm in ons lewe
inmekaar gewewe
elke mens maak ‘n knoop in ‘n ander se lyn
hanteer elke siel in liefde en rein
want as daar dalk ‘n lyn geknip word…
…het jy daardie persoon se vriend of vyhand geword…

(regret comes too late, too late
when the reaper comes…)

(c)2012 allen simpson

 

‘n ou gedig…. ai dis lekker ommet mites te speel in gedig

Leeukloof (wanneer son gaan slaap)

"as dag en nag vinnig trou"
“as dag en nag vinnig trou”

geel bal skyn laaste asem
en violet vervuil die blou
iewers ‘n witborskraai wat groet
as dag en nag vinnig trou

dan in stilte vergeet jy jou asem
en ‘n brokkie son klim in die berg
dan kom aandster skielik uit
en skitter sag in fluister-terg

bosveld word duister
met boom-skimme wat gedagtes tuister
en droewig skree jakkals sy klaag
as winterkou nader kruip

leeu kloof pragtig in jou winter
selfs wanneer son gaan slaap

(c) 2014 allen simpson
geskryf te leeukloof, sondag 15 junie 2014

 

net ‘n nota – ek het aspris ‘tuister’ in plaas van ‘teister’ geskryf in die gedig om te sinspeel op die woord dat dit neskop of ‘tuismaak’ binne jou. As digters kan ons mos woorde skep en ek kon die kans nie laat glip nie 😉

droom vlinder

die droom wat ek gevind het
het soos ‘n liedjie
kaalvoet in die reën geloop
swanger en vol trane
ek was nie lief vir haar nie
maar sy het my droom gevind

die droom wat ek gevind het
was soos ‘n appelliefie
wat agter skugter blare
‘n mooi vriendskaps vrug was

die droom wat ek gevind het
het eendag verdwaal in die wind
soos ‘n rolbos het sy
haar vlerke in die lug gevind

soos ‘n droomvlinder
weg
weg

(c) 2014 allen simpson

die vrou is vuil

voor haar kinders word sy geboei
geskop, gespoeg tot haar polse bloei
gesweep, gesleep tot na die tronksel
vir haar is sy oppad na die hel want

die vrou is vuil

die manne in die tronk neem haar vroulikheid weer en weer
sy voel in duisend stukkies verskeur
sy word uit geleep na ‘n ‘hof’ waar sy
onskuldig skuldig is want

die vrou is vuil

die priester noem haar ‘n heks
en lees van die malleus maleficarum se teks
sy word verdrink maar kry reg om te bly leef
“brand die teef, want

die vrou is vuil”

Op haar brandstapel reik sy uit en bid
wyl vlamme in haar vel in spit
sy voel haar gees na hemelle verrys
daar is niks meer pyn want

die vrou was nog altyd skoon

(c) 2014 allen simpson
miljoene mense is vermoor omdat sekere godsdienstige instansies hulle onskuldig duiwelaanbidders en hekse genoem het. Van hulle is vermoor omdat kerke hulle grond wou koop want sekere kerke het die lande se regerings beheer. Hier is ‘n bietjie argief materiaal….

http://en.wikipedia.org/wiki/Malleus_Maleficarum

http://en.wikipedia.org/wiki/Witch_trials_in_the_Early_Modern_period

Woordsimfonie (Water)

Donkerwolke pak vet saam
en die velde en bome raak stilskaam
die osoonreuk dans in die lug
en die belofte vir wat kom in volle vlug

en dit is skemer en die Natuur gee ‘n sug
die eerste druppel val en maak ‘n krater in die sand
‘n reuk van sand en water ontplof in die neus
en dis dan, dis dan wat die hemele breek

en die water val met ‘n sagte knal
en lui donderslae weerkreun met ‘n knal
en Zeus sit terug en glimlag breed
terwyl die reënwolke oor ons sweet…

iewers in die nag hou die water op
en die aarde is nat, vol poele wat,
nou blink, onder oophemelvolmaan
en paddas hou opsit kers
en dit, ja dit is die einde van my vers

(c) 2014 allen simpson

A Storm in Three Parts

Part 1 Coming Storm

We breathe in the fumes
like oxygen
we burn our air
in the ashes, we all fall down
in the wake, of disaster
who is servant?
who is master?
We give the pain
we drown the sane
A storm is coming
the signs are clear…

(c) 2012 allen simpson
dedicated to Sisters of Mercy (the band, not the nuns)

Part 2 The Storm’s Eye

Sitting in the storm’s eye
blaming the butterfly
that flapped it’s wings
a change of winds
in my bubble I am peaceful
but I am not at peace
I am falling to pieces
like that old Patsy Kline song
the answers are gone…

Caught in the storm’s eye
living the lie…

(c) 2012 allen simpson
inspired by Patsy Kline

Part 3 After the Storm

Echoes of what was
and what is now lost again
the storm left all these signs
it was here
and the memories burned
my heart to ashes
my soul to cinders
yet there are rainbows
signs of hope
after the storm

(c) 2014 allen simpson
inspited by Sopor Aeturnus

by(geloof)

ons bygelowigheid is ons ondergang
die eerste een wat negatief dink
volg ons met ‘n messias-vind wandroom
ons versamel blikkies kos en kry wapens reg
en pis soos honde teen pale
om ons gebied af te merk

hier gaan ons staan
want die lang mes nag kom

waar is jou langmesnag vals profeet
jy gee die Afrikaner ‘n slegte naam
met jou rassisme
jou tong vol stroop van paraatwees
se gif was verniet

waar is jou vertroue in die mens
het dit soos ‘n meteoriet
in die atmosefeer van waarheid verskiet….

(c) 2014 allen simpson

die gedig gaan nie oor politiek nie. Dit gaan oor volksparanoia.

Daar was mense wat geglo het na die 1994 verkiesing gaan massas hulle huise inval en hulle vermoor, dit het nie plaas gevind nie. Daar is geglo dat as oud president Mandela sterf massas huise gaan inval en mense gaan vermoor word, dit het nie gebeur nie.
Mense glo nie in die gemeenskaplike goedheid van mense nie… mense lyk my wil graag vermoor word want hulle skep rassismiese drome van massa moorde.

Dit is tyd om verby dit te kyk en in plaas van rasse -massamoord op die brein te hê, te bou aan die toekoms. “n blink toekom wat almal verdien. Ons het ‘n lang pad geloop om hier te kom.

Dis tyd om naasteliefde te kweek en verdraagsaamheid en liefde te beoefen. Politiek se gat. Rassisme se gat. Bou aan ‘n toekoms van vrede. Vrees en paranoia bring net pyn. Geloof, hoop en liefde vir jou medemens kan jou wêrled verander en iets moois voortbring.

die klassifikasie van stof

wat is stof maar
as ou vel, sand, mis, gisters en
glinsters van wat was
wat vensterbanke toe sneeu
in poeier

wat is stof maar
as dit ook om jou hart kom neer sif
as dit om jou siel graviteer
in sy eie denkbaan

hartseer kan nie begrawe word nie
stof tot stof
en stof bly

maar jou hart kan jy skoonmaak
en as die stof weer kom lê
die goeie onthou en maar weer weg vee

stof bly stof

(c) 2014 allen simpson

net woorde

Foto geneem te Hartebeespoort Dam 2012 (c) 2012 allen simpson
Foto geneem te Hartebeespoort Dam 2012
(c) 2012 allen simpson

So veel soos die plankton in die see
en nog meer is die geskenk aan jou gegee
so veel bome op die aarde is
so veel woorde is te min
om te beskryf wat dit is
om te wys hoe groot
Haar barmhartigheid is

En as ek ‘n lelie in die velde sien
of ‘n blou skoenlapper wat klap-klap
in die stilte van die dag
voel ek Haar krag

meer druppels as die see
is Haar Name gegee
in die donker nag is Sy Luna
en Haar een oog skyn op elke siel
in die skemer is Sy Venus ster
en al is hemelsver
lei Haar teenwoordigheid my
onder my voete is Sy nederig
Moeder Danu waarop ek loop
en sy is oral-teenwoordig
Sy is lewe en alles vir my

die is net woorde
en ek wens almal kan sien
ek se maar net nederig
en probeer my hart uit rym
want die Godin is groter as ek
en ek is maar net klein
in haar teenwoordigheid

(c) 2014 allen simpson

Max the feeling

Your heart is beating, like a runaway train,
it’s left the station, running on pain.
And I say no worries, and you disagree,
you max the feeling, and it’s hurting me.

You stand on the edge, off an abysmal ravine,
‘Look up’ I plead, but you’re going for green.
I wish you would reconsider, but you shake your head,
your resolve won’t waiver,
your future is set.

If you give up, give up
please choose life
if you give in, give in
you’ll pay the price.

Hollow words are your excuses
desperation, leave you clueless
regret, please understand
strength only comes, in hope’s giving hand.

don’t give up, give up
life is the right choice
don’t give in, give in
to that evil fucking little voice
hold on, hold on and be free
fight and you’ll see
you’ll beat misery…

(c) 2012 allen simpson

An old poem of mine, dusted off and revamped
inspired by Alphaville and Tears for Fears

Powered by WordPress.com.

Up ↑