Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Desember 2013

Memento mori (met apologie aan Alan Edgar Poe)

die kerkklok lui
die weerlig slaan
iewers is ‘n jaar
besig om te vergaan

in my hand
‘n verlepte memento mori
‘n wit roos gespikkel met bloed
van die aarde
die dorings in my vlees
die kyrie eleisons wat hees
in herhinnerine leef

my hart is tog in Atlantis
dit het saam met jou daar verdrink
en in my gees jou woorde wat wink…

‘NIMMERMEER’

(C) 2012 Allen Simpson

om te droom

Die einde van drome is soms die begin van wysheid. Nie elke droom word waar nie maar mens stap uit dit uit soms met beter insig. Drome wat NOOIT eindig nie is gevaarlik, soos mense wat hulle hoop op die lotto sit… en van daardie mense speel soms nooit eers lotto nie.

Die beste drome is die wat jy wens oor jouself om better te word… soos:

‘Ek wens ek kan meer kalm wees’

‘Ek wens ek kan mense minder bevoreg help’

Drome soos die… dit gee mens krag en positiewe denke en hoe meer mens soms op hulle fokus hoe meer kom jy eendag agter dat jy dit wat jy wens geword het. Mens moet net ‘n oop hart en verstand hê om jouself te wil verander…

Die krag is joune, gebruik dit.

Glo my, ek is ‘n lewende getuie van dat mens jouself kan verander… in iets beter, mooier…

Glo in jouself.

(c) 2013 allen simpson

2013 message

Last year was a year of LOSS, but this year of 2013 was a year of achievement and I feel blessed that I have had the opportunity to achieve so much. I brought out a second poetry book, lost a LOT of weight, started a blog, achieved a lot of victories at work, learned how to play Igo, learned some Japanese, wrote awesome horror stories and great poems, adopted a dog… 2013 was a great year for me because I worked hard to achieve things in my life. Thus to all who shared this journey with me, encouraged me, prayed for and with me and even those that did little things like hugging me or just gave me a cup of coffee, to all of you and to the Goddess, the God I give my heartfelt thanks and appreciation….

Let’s all make 2014 also a year of achievement for all of us together.

Love, Allen

 

My eyes

Verminkte meisie

suur reën beloftes hang in die lug
en ek kyk deur gru trane na HAAR
HAAR are blou en gebreek
waar gras en blomme nie wil groei nie

op die pad stap ‘n dronkie en ‘fok jou’ my
en loop amper in ‘n taxikombi vas
‘n dwelm smokkelaar ‘hei bra’ vir ‘n kar
wat stop
nog ‘n sakkie wit sneeu wat ruil vir geld

suur reën beloftes hang in die lug
SY sug swaar as ‘n vliegtuig na erens
oor HAAR sweef soos ‘n staalvoêl
HAAR middestad so verrot

o Kempton Park JOU middestad
is ‘n verminkte meisie
niemand wil na HAAR kyk nie
HAAR skaamheid is geroes, stink, ashoop
die krake in die paaie roep
soos poorte na die hel

Wes Straat, Park Straat lyk soos ‘n Picasso
geherkonstrukteer deur ‘n psigopaat
Kempton Park, ek wil JOU verlaat

suur reën bars soos ‘n vrot granaat
maar selfs die storm
kan JOU nie was nie
JY is dood

(c) 2013 allen simpson
ek was onlangs in Kempton Park met vakansie en die toestand van die middestad het my hart gebreek.
My gedig is my manier om my hart te spreek. Ek kry al die goeie mense wat daar bly in die omstandighede so bitterlik jammer…

My Astral Residence

This woman’s article resonates with me… as I also have an Astral Residence and many of my poems were born in mine…

triscaleant

(Sometimes one needs to just get away from everyone and everything just to think and get to terms with the reality of life. I have created a sanctuary where I can go and do that, and would like to share how it began. Only a few people have read this, but I would like to share with as many people as possible, therefore this post)

 

I am at a site which has captured my mind, my imagination and my heart the very first time I came here. This site is in the Sabie Valley in Mpumalanga, South Africa. The first time I visited this site was long ago; Mpumalanga used to be the Eastern Transvaal back then. But the waterfall I am looking at still has the same name; it is the Lone Creek Waterfall, and it is the source of that sound of roaring thunder that…

View original post 2 249 more words

oseaan

daar is ‘n woestyn
sandduine in ‘n ou siel
kaktusse wat steek
gebleikte doodsbeendere
die siel is bleek…

daar was ‘n oseaan
golwe emosies wat breek op die strand
koraalriwwe wat huis gespeel het
in die hart
‘n lewegewende legkaart
‘n siel in pastel reenboog kleur

en nou
onthou
ek niks
net trane
wat ‘n woestyn
in herhinnerinne in pluk…

ek was ‘n oseaan…

(c) 2013 allen simpson

meer of min

Diep in die poele van jou

Oë wat abyssblou glinster
En my lok
Meermin oë
Wat my na dieptes neem

Roep my naam soos Lorelei
Dat my hart in jou in kan sink
Min of meer
Net hoe jy begeer
Jy sê die towerspel
En breek die golwe teen my wal
Jy maak Atlantis ‘n werklikheid
‘N sprokie oop
In dimensies van terra incognito
En ek wil daar reis
Tot onwerkliheid ons realiteit insluk
Soos ‘n swart maalstroomgat
In die ruimte
En uitspoeg
In ons eie heelal

Min of meer
Al wat ek begeer
In ons chaos lewe
Oomblikke van jou

(C) 2013 allen simpson
In chaos elfmermaid

Wolwedans

Wanneer die son ‘n bloedsee maak
Oor blou oseaan
En Toccata speel soos Bach
En skemerings deur begin speel
Tot in ‘n skadunag

Neem my dan
En wolwedans my
Tot middernag
Ons luste bevry…

(C) 2013 allen simpson

Dracule

Night casts it treasures
The moon is full in bloom
A scattering of owls hoot
As if of dread and doom
There is sense of silence
Yet a turmoil underneath
A prince will be coming
Tonight Dracule will feast
So hang up your garlic
Sharpen your wooden stake
A legend might visit you
Of that make no mistake
Never invite a vampire
To cross your window or door
Or you will be it’s child
For evermore…

(C) 2013 allen simpson
Inspired by Bram Stoker’s Dracula

Knerstyd

ritmes dwing die verlore kinders
soekend na die kers se lig
om soos motte te verbrand
in ketamine se kug
dis knerstyd
die beker loop oor
tot deur ‘n oordosis
nog ‘n siel deur dood deurboor…

(c) 2013 allen simpson

dwelms is nie kinderspeletjies nie

A room

i went into a room, that is not a room
there was a bed, but it is not a bed
(Lied down, tied down)
they stuck sticks to my brain
shocked me until there was no pain

i went into a room, that is not a room again
padded walls so soft around me
had an itch but a jacket embraced me

i went into a room, that is not a room
(i never went home again)

(C) 2013 allen simpson

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑