Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Februarie 2016

Poue in ‘n Reënboogdorp

Ndebele doprie

Zebra Lodge, 27 kilometers weg van Magalieskruin, Pretoria. Ek en Hanneliese gaan kuier vir ‘n groep spesiale mense op Viper’s Lair. Om op Viper’s Lair te kom moet mens deur Zebra Lodge ry. Net na mens in draai op Zebra Lodge is daar ‘n bloekom bos, en net verby die bloekombos aan die linker kant sit ‘n Ndebele dorpie (meer vir toeriste ens). Ons (Hanneliese en ek) het op Saterdag daar op iets baie mooi afgekom. Lees voort “Poue in ‘n Reënboogdorp”

golem

klein
in wese opgeroep
die rabbi maak sigils
uit Salomo se boek
roep engele
vergete deur goyim
‘n genesis uit rooi aarde
gekerf met ‘n hart vol swaarde
die geheime naam gekerf
woorde uit joodse mites
kry lewe
die klei word groter en groter
vorm
word menslik
sonder siel
elemente vergrys
verwronge
‘n duif se bloed skree vrede
te laat

hy het ‘n naam

(c) 2012 allen simpson

My gedig is gebaseer op ‘n X-files episode en wikipedia navorsing oor ‘n ou Joodse legende – die golem…

Jy spreek dit go (soos in die Engelse woord ‘gosh’) en lem (soos ‘lim’ in Limpopo) uit.

Gaan soek gerus die woord op in Wikipedia as jy meer oor die Golem legende wil weet.

Nomadies gesproke (Gebed van ‘n digter)

(net lus om die een weer te deel)

20150708_112824

Soos krieke in ‘n fles
is woorde soms gevange
maar ‘n digter is ‘n reisiger
‘n gypsy met wanderlust
so laat ons wandel
so laat ons nomadies gesproke
op kamele klim in die woestyn
tot woorde lek uit flesse
woorde van lewenslesse
en oases optower
in ons harte
‘n stroom word
en die stroom
‘n see op barre grond bring.
Laat ons Go with the Flow
ons innerkind omhels
dit soengroet en sê:
‘wys my, gee my woorde’
Laat ons siele sing…

Amen

(c) 2013 allen simpson
en die wolfie sê: GO with the Flow, always x

Siel Sooibrand

2014-10-28 12.45.25

woorde…
wat soos suur frank vrugte om jou rank
wat so verrot is van die stank
wat brand deur jou bors
binne-in jou hart
wat jou siel sooibrand gee…

woorde…
my kind, is ‘n swaard waarmee dwase nie moet speel
dit het lewe soos ‘n virus wat
aanhou teel
en subtiel versprei…

as jy wil oordeel, leer om te bid
as jy wil skinder, doen dit op jou kniee
ken jou woorde, of drie maal keer dit terug…
en jy kan knak onder die gewig…

saai jou woorde in liefde, want
berou is te laat aan die anderkant…

(c) 2012 allen simpson

moenie skrik nie, net inspirasie…

Foto geneem deur Allen Wolfie Simpson

Prayer of Light

2015-02-01 11.39.53

Mother Light
take this child and bring her peace
take her pain to distant seas
let her not swim in the ocean of despair
lead her from sorrow’s lair…

Mother Light
let her tears become diamonds of hope
let her smile become real
let her soul be washed in joy
lead her from sorrow’s lair…

Mater Noster
O quam sancta
quam serena
quam amoena
o Sacra Mater
Mater Noster
Gloria in vitae
Beatus in Vitae
aeturnum est!

(c) 2016 allen simpson

Inspired by Mayu from Elfen Lied
Photo taken in Cullinan

sugar-coat

a little girl whose fated to die
lying in bed coughing up blood
and tears flow from her mother’s eyes
it all becomes an ocean, a flood…

men in white coats probe her
like some sick alien abduction joke
no-one can heal her
and the prayers are all tear-soaked

men with no answers just mumble
that it is the will of God
the father looks them cold in the eye, says
‘Tell that to my child.’

if there is a higher will, is it
a sugar-coated bitter pill, is it
worth the suffering
of a little flower to wilt in its spring
dare we see our misery as a test of a god
if that is true I will never write the test
teacher, you can give me naught.

Somethings just happen good and bad alike
we blame it all on religion
and make God a cruel scientist
testing us when we lie bleeding
I just can’t see my God as one
who will let a girl die so young
wrecked with pain from soul to lung

Call me a heretic, judge me then a sinner
the suffering of a child is just not my way
to a twisted promise land
I believe that things are random
things we don’t understand
and I love my God too much
to judge him as a cruel ‘tester’ with pestilence in his hand

(c) 2016 Allen Simpson
inspired by ‘Book of Stars’

I intend in no way to judge or insult anyone’s beliefs with this poem. I am just inspired by true happenings and in poetry try new angles to understand how people think. There is just something in me that thinks telling a dying child that God is testing her, and that is why she is suffering, is wrong.

Photo taken at Pelgrim’s Rus Cemetary

ons was konings

ons was konings
kon koop wat die hart vra
vragte by inkopies sentrum vat
selfs meer as ‘n krat
nou is die konings
maar net die gepeupel
vir ‘n vrag geld
kan jy net ‘n sakkie goed koop

die broodlyn het ‘n siek grap geword
wanneer daar mense nou is, so arm
wat nie meer weet hoe proe ‘n brood nie
mense wat net ‘n duisend ‘n maand kry
weet nie meer hoe om te leef nie
ons was konings
nou is daar soms nie eers krummels nie

die wêreld spin
maar ons spin nie saam nie
ons staan stil
met leë beursies
en leë koskaste
dit is ons apokalips
die vier ruiters is hier
Honger, Dood, Pestilensie
en die vierde een is Leë Beloftes

ons was konings
maar die konkryk is dood

(c) 2016 allen simpson
Die vier ruiters sinspeel op die ‘four horsemen’ mites

foto van Cullinan stasie geneem deur Hanneliese Bredell

Die Volstruise van Rietvleidam

Op ‘n warm sondag in Januarie besluit ek en my mede digpelgrim Hanneliese om te gaan piekniek by Rietvleidam net buite Pretoria. Van die wild wat ons gesien het was Sebras, blou wildebeeste, Gemsbokke en rooibokke. Kort-kort het volstruise of in die pad kom staan en Hello gesê of langs die pad vir ons hulle langbeen dans gevoer….

Wees gewaarsku al die fotos is geneem met ‘n selfoon. Die wolf is nie ‘n kameraguru nie

Any fool can turn a blind eye but who knows what the ostrich sees in the sand. Samuel Beckett
Any fool can turn a blind eye but who knows what the ostrich sees in the sand.
Samuel Beckett

Lees voort “Die Volstruise van Rietvleidam”

dorings en rose

neem, eet my woorde
gepen uit my seer, my rou wonde
gebloei uit my lag, my onthou
my uitkyk op elke wonder
lees my en maak asof jy my ken
my gister bloedspore verstaan
sê vir iemand:
“Die ou dig goed”
of sê:
“Die ou dig kak”
Dis okay
jy ken nie my lang pad
vol doring en rose

maar as jy iets goed vind
wat ‘n gat in jou hart stop
uit my verse en rym
vat dit
want dit is al geskenk wat ek wil gee
myself
eerlik
kaal
maar geklee in kolletjies verse
diep gehaal uit my siel

neem, eet my woorde
my geskenk
vol dorings en vol rose

(c) 2016 allen simpson

Ode vir Karin

Vir haar skryf ek ‘n ode
met die ink van my hart
oor ‘n vriendskap gebore
in woorde, ‘n geskryfde padkaart

In haar strofes is daar pêrels
van ‘n geheime dieper skat
elke vers is vol van haar siel
en nederige suiwer hart

Sy het ons dalk verlaat
maar los ons met soveel
in my hart is baie dankies
dat ek haar as vriend kon leen

Vir my is sy nie weg nie
haar woorde is in my hart
sy bly in elke mooi gedagte
en dit verdryf die seerste smart

En eendag kom weer glo my hart
wanneer almal haar weer sal sien
en ons sal dankie weer sê vir elke woord
want daardeur was sy altyd hier…

(C) 2016 allen simpson
Ter nagedagtenis aan Karin Gentz, pragtige siel en talentvolle digter
ek sê net dankie

Dankie aan haar sussie vir die foto. My hart is met julle. *hugs*

Gedig in ‘n parkering

die oggendson steek my met sy lem
en mirages tart my tussen die karre
mense snik aan die hitte
en verlep soos sirkus narre

‘n wind steek op
terg-terg my hoed
ek smeek die wind in my hart
‘ek wil saam’

iewers in ‘n alternatiewe Universe
neem die wind my saam…
En ek waai na jou.

(c) 2013 allen simpson
Ek hou van die woord ‘Universe’ want dit is meer as net die ‘heelal’. Dit is soos die Engelse sal sê: ‘a state of mind…’

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑