Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

konsep

roet en goud

soos miere het ons voorouers gestroom
na die Plek van Roet en Goud
fluweel was ons drome
en ons het gedobbel met oorvloed

nou is die goud soos seesand
wat uit ons hand gespoel het
tot in die hartelose see
en ons land, ons Plek…
‘n woestyn van roet

(c) 2024 Allen Wolfie Simpson

Die Mutterbaum

*

Der Mutterbaum (in meine muttersprache)

mother is the name of tree
bearing seeds in her fertile ground
they become trees
trees get scarred
whether by lightning striking on the tree
like an angry Zeus
whether by fire from a careless flung
tobaccoed hand

tree is the name of mother
she remembers
she also has scars.

like a crow once said
“Mother is the name for God in the hearts and minds of children”

2023 allen wolfie simpson

mutterbaum is inspired by the Showmax series ‘Donkerbos’ and also the movie ‘The Crow’ and the graphic novel on which the book was based’
I dedicate this to all mothers, the good ones, like my mother

**

Der Mutterbaum

Mutter ist der Name des Baumes,
der Samen in ihrem fruchtbaren Boden trägt.
Sie werden zu Bäumen,
Bäume werden verletzt,
sei es durch den Blitz, der auf den Baum trifft,
wie ein zorniger Zeus,
sei es durch Feuer aus einer sorglos geworfenen,
tabakgefärbten Hand.

Baum ist der Name der Mutter,
sie erinnert sich,
sie hat auch Narben.

Wie ein Rabe einst sagte,
“Die Mutter ist der Name für Gott in den Herzen und Köpfen der Kinder.”

2023 Allen Wolfie Simpson

Mutterbaum ist inspiriert von der Showmax-Serie ‘Donkerbos’ und auch dem Film ‘The Crow’ sowie der Graphic Novel, auf der das Buch basiert.
Ich widme dies allen Müttern, den guten, so wie meiner Mutter.

****

This poem I translated myself into German, if there are any mistakes, bear in mind “Deutsch ist nicht meine muttersprache. Danke.

alles breek

Alles breek en bly gebreek, want voor covid-19 kon jy nog goes regmaak want jy het geld gehad… Alles breek want toe jy nog geld gehad het kon jy vervang, regmaak en droom. Nou is jy in ‘n nagmerrie en jy kan nie asemhaal nie en alles breek en jy ook…

Alles het gebreek. Die paaie het gate in en lyk soos mini gwarrie gatte. Lee wnkels is oral want corona het die ekonomie gebreek. Ek sien gebroke mense op straat. En my hart breek weer.

ons sê maar vir mekaar alles sal regkom

al vir fokken jare

alles kom nie reg nie

alles breek net verder

Maar alles sal seker regkom vir iemand, dalk selfs vir jou en my. Die dak sal reggemaak word, die geyser sal vervang word… ek wag net vir die lotto (en die ironie is ek speek nooit lotto nie, want dit is ook gebreek).

(c)2023 allen wolfie simpson

ek maak jou nuut

ek maak jou nuut in my woorde
jou hol wange en kraaivoet oë
plooie soos die mars kanale
jou moeg wat sug in jare
val weg en ek onthou jou;

jy wat was ‘n vonk en later ‘n vlam
voor jy spoeg vuur geword het
voor jy eendag net as word
maak ek jou nuut

in die onthou

ek kyk in die spieël
en weet wie jy is

ek

(eendag lank lank gelede was daar ‘n ek
jonk en het fokkol geweet
my onskuld het almal laat glimlag
voor dubbeltjies van jare
die kaal van my voete gesny het

die ek was ‘n dromer
hy het geleef in hoop)

ek maak my nuut in my woorde
deur te onthou
my kindelike onkunde
my glo in alles ontmoontlik

(eendag het jy, meneer ek,
oud geword en in ‘n speël gestaar
en jou nie meer herken nie
maar in die onthou van ‘n ouer man
leef ek die kind…)

soms nog sien ek die kind, die ek
en ek wens dat alles nog moontlik was
toe glo in onmoontlik moonlik was

ek is dan vir ‘n minuut
nuut in my woorde

(c) 2022 allen wolfie simpson

Menslikheid

Ek is een van die menigte gelukkiges wat reg langs een van Pretoria se grootste winkelsentrums bly. Somtyds kry ‘die voete’ jy weet, die lus om te loop en peusel-koop, net vir die lekker daarvan. Jou brein doen die peusel werk: hier koop jy wierook, daar koop jy ‘n ingevoerde tjpklit. of ‘n nuwe masker – want jou brein peusel.

Soos ek loop deur die winkel sentrum groet al die werkers my ekstra vriendelik, die ‘Crazy Store’ se rasta roep my:’Eh, my bradda’ en die dame by die verskeidenheid winkel praat met my oor die weer, die oorlog en soms allerhande snaaksigheidjies. EK voel soos ‘n mini-celeb’. En is dit omdat hulle my blog volg, nee, dit is omdat ek altyd die kassiere, kelners en so voorts met respek en empatie behandel. Dis menslikheid. Mens moet alle mense mee empatie hê, en laat voel huile is mense, hulle is ook belangrik. Hulle gaan ook deur ‘poeffies’ nes ons. Ja, sommiges verneuk jou, en as jy by die huis kom vind jy te laat uit… Maar moenie ‘n bombastiese poepol wees wat dink alle kassiere is sleg en skelm net oor een se korrupsie nie.

Wees ‘n goeie mens, fokkit.

(c)2022 allen simpson

#sug {pyn}

Wat weet ‘n man van ‘n vrou se pyn, van geboorte gee, van maandstonde,
van hoe oud al die aktrises word in die tydskryfte
en hoe vrou voel as Angelina se foto so oud lyk (en jirre sy is so oud soos ek?)
wat weet ‘n man van ‘n vrou se pyn Lees voort “#sug {pyn}”

Medisyne vir ‘n af dag

Ons almal ken die gevoel. Jy voel net af. Twee letter woord – Af. Ek voel af en het besluit om iets te deel wat my laat lag.

 

selfs atome…

Wanneer winde waai en rotse breek
jaar na jaar ‘n bietjie skaaf
landskappe verander tot die beendere van die aarde uitsteek…

Wanneer die see haar waters terug trek
en soos die Kasteel in Kaapstad alles verder inland strek
en branders woordeloos skree na plek

Wanneer die son stadig die aarde brand
en droogte verdor die hart van die land
en lewe word stof en stof tot stof is alles

sal ons dan ook weet

dat liefde net so ook erodeer
haar fonteinwaters ontneem
en alles doodbrand tot as en stof

dat as ons liefde nie vul in ons harte nie
word ons klein, alleen
en niks…

waar selfs atome dit nie kan vind nie

(c) 2016 allen simpson

Foto deur Wolfie

mense, jammer ek het gister (of eergister as jy die eers more lees) belowe om nog fotos op te sit maar my dag was mal en ek moet die fots nog edit… hulle is oppad hoor!!!

Die brief vol Trane (‘n gedig vir Valentyn)

Besonderhede

Hierdie gedig wat ek nou met julle deel is baie spesiaal vir my, ek het ‘n dig kompetisie in 2013 gewen met hom by Solovlug. Lees voort “Die brief vol Trane (‘n gedig vir Valentyn)”

Die uniekheid van mens wees


Maak jou oë toe vir ‘n oomblik. Verbeel jou jy sien mense van verskillende gelowe en rasse. Verbeel jou jy sien deur hulle velle en jy sien die bloed in hulle are. Verbeel jou dat jou seun of dogter of man of vrou ‘n bloed oortapping nodig het. Verbeel jou ‘n nie-Christen of ‘n anderskleurige as jy se bloed is die enigste wat daardie persoon kan red. Lees voort “Die uniekheid van mens wees”

Orakel in Mampoer

20151024_121555

Aarbei Mampoer sê vir my
as ek haar gaan vra
sal ek die ja-woord kry?
as ek genoeg van jou drink
sal ek dapper word?
want elkekeer as ak haar wil vra
wil my tong my vyhand word…

ek vul my glas al hoe voller
my mind word al hoe doller
more gaan ek dalk ander aarbeie pluk
as my maag draaie maak
en my babelaas my wil insluk…

(c) 2012 allen simpson
na skrif: Dit is ‘n ou gedig, ek was besig om aarbei mampoer en coke te drink toe dink ek die een uit.

Foto deur Hanneliese Bredell

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑