Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Oktober 2017

Sondige gedagtes

1508539087679-1684966039

Dis 12:41 net na middernag… ek tik vir julle op my foon want my rekenaar is steeds op die koffie en die mense wat dit reg maak het gesê ek kry dit of vandag (wat ob-wie-is nie gebeur het nie) of Maandag. Intussen kry ek sondige gedagtes wat woorde soos fok en bliksem bevat. Want ek het myself beloof om nooit weer tv nuus te kyk nie en die afgelope week het ek. En in die nuus was die storie van die 52jarige sekerheids wag wat 70 of 80 meisies in die skool waar hy werk gemolesteer het. En ek kry sondige gedagtes van hoe ek wens ek kan hom goed bliksem, en sondige gedagtes dat ons alle pedofiele en verkragters summier in ‘n ry moet laat staan en en dood skiet. Dis sondige gedagtes. Dis moord en blybaar is dit ‘n sonde om siek mense dood te wens.

En hoekom kyk ek tv nuus… ek wil net kots as ek dit kyk. Die wêreld is te donker en siek vir my. En fok ek mis my rekenaar want ek mis Holst se planete wat speel tewyl ek gedigte skryf en ek mis my Pink Floyd en The Cure musiek videos en ek mis my werk… ek kan dit nie doen sonder my rekenaar nie. Sug.

Kyrie Eleison… vergewe my want ek is net wolf…

(C) allen wolfie simpson

Ns… vergewe enige spelfoute… ek blameer my selfoon

 

 

 

 

Val Siekte

1507668253895-1007048190

Gebreekte drome te koop
gemaak op desperate mense se hoop
ek knip vir jou ‘n papier maan
want jy sien die maan nie meer skyn nie
hang dit op dat dit nie verdwyn nie
(Ons speel skaakmat op ‘n droom
en in ‘n spieel sien ek my koning
Val
Stukkend
Op die bord)
Alleen…

Orals is gate gegrawe en ons het almal
in dit geval
ons oë nie op die kompas nie
maar vasgevang op selfone
(En in die gate chat ons
en is regtig fokken alleen)
hoor jy
wat lees, regtig
hoe jy val…

(C) 2017 allen Wolfie simpson

N.s. my rekenaar is nog stukkend so ek probeer maar iets opsit met my foon

At war with gremlins

😱😱😱😱😱😱😱

So you are wondering where I am… You see I have a problem… Gremlins came in the night and broke my computer. I have to replace the PC Case and ‘organ transplant’ all the parts of my pc into a new body… until then I will be absent from here. But I will be back.

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑