Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

Afrikaans

in die land kanaan

in die land van kanaan

in die land van kanaan het ek jou verloor
my hart was jellie en my voete getoor
my asem was weg
ek het bitter wasems gehaal
jy het my hart geoffer aan baal, toetaal
was ek gefok

in tale en woorde het ek na jou geroep
elke druppel van my bloed was as en roet
my siel was leeg
soos Nietsche se dialoog
jy het my geskiet met pyl en boog,
kolskoot

en toe was jy weg
en ek het jou gesoek
en gevind

jy is nou net as en wind
as en wind

(c) 2023 allen wolfie simpson

ek maak jou nuut

ek maak jou nuut in my woorde
jou hol wange en kraaivoet oë
plooie soos die mars kanale
jou moeg wat sug in jare
val weg en ek onthou jou;

jy wat was ‘n vonk en later ‘n vlam
voor jy spoeg vuur geword het
voor jy eendag net as word
maak ek jou nuut

in die onthou

ek kyk in die spieël
en weet wie jy is

ek

(eendag lank lank gelede was daar ‘n ek
jonk en het fokkol geweet
my onskuld het almal laat glimlag
voor dubbeltjies van jare
die kaal van my voete gesny het

die ek was ‘n dromer
hy het geleef in hoop)

ek maak my nuut in my woorde
deur te onthou
my kindelike onkunde
my glo in alles ontmoontlik

(eendag het jy, meneer ek,
oud geword en in ‘n speël gestaar
en jou nie meer herken nie
maar in die onthou van ‘n ouer man
leef ek die kind…)

soms nog sien ek die kind, die ek
en ek wens dat alles nog moontlik was
toe glo in onmoontlik moonlik was

ek is dan vir ‘n minuut
nuut in my woorde

(c) 2022 allen wolfie simpson

#LeesMetGees (of Episode 5 Koning Van Katoren)

Koning Van Katoren
Koning Van Katoren

Ek sit op my stoel en rook toe jy instap.

“Hello Wolfie, lank laas gesien”. Jy kyk na die boek in my hande. “My aarde dit lyk bekend!” Lees voort “#LeesMetGees (of Episode 5 Koning Van Katoren)”

#LeesMetGees bestaan nog, moet nie skrik nie

Lees Met Gees

In ‘n sogenaamde kwarentein is daar min wat mens kan doen, so ek het uit my duisende boeke in my boekrakke ‘n paar gegryp en gelees en ook een of twee e-boeke. Lees voort “#LeesMetGees bestaan nog, moet nie skrik nie”

Afrikaans is (vir almal)

Afrikaans is vir almal, en terwyl ek hier in my siekbed die pad na gesondwees toe rus dink ek aan die musiek van my kinderdae… Ek onthou hoe daar ‘n tv program was waar sangers gewys is wat in ouetehuise vir bejaardes gaan sing het, ek onthou hoe sangers op die Jakaranda-pers omringde Kerkplein gaan sing het by die Jakarandafees, Lucas Maree met sy pragtige lang hare by die Sammy Marks Museum op Rayton, Koos Kombuis by Oppikoppi….  Lees voort “Afrikaans is (vir almal)”

JOU (ja jy wat hier lees) dag om trots te wees.

Foto geneem by die Voortrekker Monument

Vandag is jou dag, ja jy wat hier lees. Vandag is jou dag om trots te wees want jy is ‘n Afrikaans-sprekende. Jy sien 21 Februarie is Internasionale Moeder Taal Dag. Dit is ‘n dag vir die beskerming en perservering van alle tale en Afrikaans is mos ‘n moeder taal, vir jou en my DIE Moeder Taal.  Lees voort “JOU (ja jy wat hier lees) dag om trots te wees.”

Gypsy Boy Blues oomblik

Daar is iets onrustigs in my, ‘n geknaag aan my siel. Miskien is dit die romany bloed in my, die gypsy gene. DIe wolf is ‘n sigeunerkind… Lees voort “Gypsy Boy Blues oomblik”

Aspoestertjie woordekonomie

Soms wonder ek waar ons voorouers aan woorde soos “Raponsie’ en ‘Aspoestertjie’ gekom het. Om woorde direk uit ander tale te vertaal in jou eie taal is skreeu snaaks. En ‘Aspoestertjie’ klink baie verdag ook. Soos ‘n loslyf model in ‘n Arikaanse hygtydskrif… Lees voort “Aspoestertjie woordekonomie”

‘Tell me about South Africa’

Aarde

 

An American Facebook friend asked me this question… tell me about South Africa…. I took a few days to think about it. Lees voort “‘Tell me about South Africa’”

Bitterbessie Hart (Vir Ingrid Jonker)

Daar is ‘n bitterbessie in my hart vandag
van laasnag se lê en wag
in donker skemer het ek Verlange hoor lag

haar stem het uit gejou
en my hart het weemoedig aan dit gekou
bitter was die beker

maar soet was die smart
alleen sonder jou
net Verlange wat tart

my bitterbessie hart so vrank
in die doodloopstraat van verlange
kry net die geeste van gister uitkoms…

(c) 2012 allen simpson
Ek het ‘n bietjie Ingrid Jonker gelees en
‘Verlore Stad’ en “ontvlugting’ het hierdie gedig
geinspireer…. Die naam van my gedig is ‘n
‘homage’ aan ‘Bitterbessie Dagbreek’

Bitterbessie Hart kom uit my bundel ‘Skaduland’

Foto 1 geneem deur Hanneliese Bredell

Foto 2 geneem deur Theo Breedt

Dis befonk om digter te wees

Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel
Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel

Vanaand het Hanneliese vir my kom kuier uit Potch uit en ons het by Krugers in Paul Kruger Straat ‘n lafenis teen die hitte gaan soek. SKielik keer ‘n meisie my voor en vra of ek WOlfie is, toe se ek ja en sy se sy herken my van my gedigte af op digblaaie in FB. Dit was so cool. Lees voort “Dis befonk om digter te wees”

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑