Welkom by my storie Die Prys van Vergifnis, my eerste reeks verhaal in Afrikaans op my blog. Hierdie is deel 3. Vind Deel 1 hier. en Vind Deel 2 hier. . Dit is die einde van my storie. Gaan Lesley die regte ding doen en die tower kuur vir vergifnis los of gaan sy die donker pad kies. Lees gerus en vind uit. Ek hoop julle geniet dit. Lekker lees.
(3)
Sy stap uit die badkamer en merk op dat die sit-en-slaap area nou anderste lyk. Die bruin tafel is oortrek met ‘n wit doek. Die Tarot kaarte is gebêre maar die groot skulp met kristalle is nog op die tafel. Daar is ‘n wierook-houer gekerf uit hout in die vorm van ‘n olifant en 3 stokkies wierook wat brand daarin. Weer ruik sy magnolia en laventel en ‘n ander krui wat brand, miskien sandalwood…of salie. ‘n Silwer mes lê op die tafel langs ‘n wit blaker met ‘n wit kers. Dita sit aan die een kant van die tafel. Lees voort “Die Prys van Vergifnis Deel 3”
You said/ Julle sê