Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Kategorie

The Other side of rhyme

iets wat die kat ingedra het

“ek het paartjies gesien wat in deure soen
en omdraai met oop monde ek het oor
brûe geloop en mense daaronder gehoor hoes
ek het grysaards gesien wat in taxi’s ry
en deur reëndik ruite uitkyk na geboue wat
nie meer daar is nie. sneeu in die winter
en druiwe in die somer maar ek
onthou nie meer veel daarvan nie Lees voort “iets wat die kat ingedra het”

Mense wat in Sirkels Hardloop

“Groen stroom vol lewe
waarin die son kyk
met jou kan ek nie praat nie
jy het te veel geheime
Sal ek praat met die paddavissies?
Hulle is te skugter
Hul vertel hul gaan groot paddas word?
Dis te onseker.
Gaan huil omdat een sink
eer sy agterbene uit is?
Dis te onbelangrik.
Stroom waarin die donker
net die donker sien
met jou kan ek praat
ek ken jou beter.”

– Ingrid Jonker se “Donker Stroom”

Net ‘n mengelmoes van kuns wat ek geniet. Die gedig en musiek is nie myne nie, my siel dans net rond in dit.

Liefde,

Wolfie

Afrikaans met Mag – ‘n Kiewiet en ‘n Plaashek

Ons Taal is ‘n lewendige taal. Maar ons skeep dit soms af. Lees voort “Afrikaans met Mag – ‘n Kiewiet en ‘n Plaashek”

The Other Side of Rhyme: Poem of the Atoms

We don’t see the atoms…. but they are there… Here is a poem by Rumi about atoms. Lees voort “The Other Side of Rhyme: Poem of the Atoms”

The Other Side of Rhyme: If You Forget Me

othwe-side-rhyme

A good poem makes the dreamless dream – from Ever Dreaming by Allen Simpson

A good poem makes the dreamless dream, and singer Madonna brings life to the following poem. Enjoy the video. Lees voort “The Other Side of Rhyme: If You Forget Me”

The Other Side of Rhyme: Mad Girl’s Love Song

Sometimes there is a mood. Today there is a mood, and I feel like sharing something beautiful. Lees voort “The Other Side of Rhyme: Mad Girl’s Love Song”

Tish Swanepoel die grafiese meesteres

Van Links na regs Hanneliese Bredell, Die Wolf en Tish Swanepoel
Van Links na regs Hanneliese Bredell, Die Wolf en Tish Swanepoel

Tish Swanepoel is nie net ‘n uiters talent volle digteres nie, sy kan ook heerlik toor met grafiese kuns! Ek deel van haar kunswerke – gedigte en grafiese kuns met liefde.

My ligstraal

soos ‘n rustige rivierstroom
vloei jy deur my are
soms vloei jy sterk
kabbel oor klippies skerp
slyp jy vlytig tot hul
blink in vlakwater lê

skyn jou son op my water koud
blink jou strale in my hart soos goud
sag jou woorde wat oor my reën
in my lewe is jy die grootste seën

©Tish

12144786_512023988952511_212813446437173660_n

1465411_512023992285844_5504125917438652036_n

Astrale reise

met geduld en volharding
in bewussyn gewek
beter wêrelde besoek
astrale vryheid ontdek

by meesters geleer
van ontelbaar reïnkarnasie
vorige lewens onthou
en my drome beheer

geslote deure geopen
van siel en natuur
innerlike dimensie
na vreemde lande gestuur

deur geopende hek
beksermengel in plek
‘n visie gas
waar dit my ookal pas

©Tish

1610749_512025992285644_88631835405105135_n 10329137_512024835619093_2677937938078409865_n 11227575_512023985619178_371370096965430261_n

Lééf jou droom

delf diep, soek jou drome
leef hul uit en laat hul vry
sonder keer en voorbehoud
laat niks jou terughou

bande kan nie drome bind
leef voluit soos ‘n kind
leer om te glo en vertrou
en jy sal vrede vind

lig die sluier voor jou siel
wys vir my jou wêreld
deel met my jou diepte
word my werklikheid

©Tish

12063764_512024828952427_3393724036564947112_n

Verspeelde sprokie

net eenkeer wil ek dit graag hoor
al moet jy soos pinocchio
‘n witleuentjie vertel

dalk moet ek
soos rooikappie
agter die skerms
vir wolf gaan vry

soms wonder ek
of heksie ooit
‘n man gaan kry

want sneeuwitjie ‘n regte slet
steek al sewe dwergies
weg onder haar bed

oor gouelokkies die vraat
sal ek liewer stilbly
sy’t darem drie bere
se pap gekry

peter jodel net
sy heidi se naam
al is hy ook hoe skaam

al word ek groen soos fiona
en groei my hare soos repelsteeltjie
kry die varkies om vir my
‘n huisie te bou

het my shrek verdwaal
my hare uitgeval
sit ek maar alleen en oud
in my huisie van hout

ring a ring a rosie
pocket full of posies
hush hush we all fall down

like humpty dumpty
that sat on the wall
I just had a hell of a fall

want iewers het ek
my sprokie verloor
dink die geel heks
het my getoor

soek ek na die neonboog se punt
wie weet wat ek onder hom sal vind

©Tish

12109252_512025995618977_3802121840136769821_n

Alle gedigte en kuns die kopiereg van Tish Swanepoel. Gaan lees haar gerus raak op die Solovlug diggroep op Facebook

 

 

Crystal Clear

Welcome! It is the Other Side of Rhyme again. Today we look into the crystal ball and take a glimpse into two poems. Here, take a closer look with me, the picture is crystal clear… Lees voort “Crystal Clear”

Oblivions of silence and absence

 

Welcome! It is the Other Side of Rhyme again. Today we explore oblivion, so put on comfortable shoes and please tread carefully with me into the oblivion of absence and silence Lees voort “Oblivions of silence and absence”

doctor doctor??

The Other Side of Rhyme 2

Welcome! It is the Other Side of Rhyme again. Today we explore a French poet and his poem about a strange and grotesque doctor, so put on comfortable shoes and please tread carefully with me into a strange and ominous poem… Lees voort “doctor doctor??”

mystery in the fog

The Other Side of Rhyme 2

 

Welcome! It is the Other Side of Rhyme again. Today we explore a mystery in the fog, so put on comfortable shoes and walk with me into strange and wonderful poetry, some never read by you before and some old friends by now Lees voort “mystery in the fog”

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑