Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Junie 2015

Sprokies Tog

en ons innerkind  sal dans in die wind
en ons innerkind
sal dans in die wind

Kom met my op die rug
van die somerwind
en vind jou innerkind

waar Elwe en wolwe jag
en woude het elkeen ‘n storie
wat op hout en klip vasgevang
is, in tale van wondersang

daar’s drake wat vlieg in die lug
prinsesse wat skinder oor prinse
en sug
en iewers onder ‘n vervalle brug
‘n trol wat hoop op ‘n nuwe dag

en jy en ek sal ingevleg lê
met minnesangers wat odes neerlê
en die swaard van legendes
smyt in die meer
en die hand van sy meesteres
sal die swaard gryp so teer

en ons innerkind
sal dans in die wind
op ‘n panfluit solo
van ‘n satier wat wink…

kom maak oop jou hart
laat twyfel jou nie tart
vir die wat glo
sal ‘n weg oopmaak
en jou siel se kind
sal in fantasie vry raak
kom met my….
vat my hand…

(c) 2012 allen simpson

sub mens

000 00 01 Scary Horror Wallpapers 6

die sub mens word gestenig
weerloos kaal soos ‘n slagdier om ‘n skare verrotte bliksems
wat net haat, wat net altyd glo reg is reg
wat die sub mens sien as ‘n bedreiging

dis erger as die donker eeue
die media gee die kanker selle stroop
die kanker selle word sterk
wrede dinge vloei soos bitter manna
en word soos lazarusse opgewek

gister se selfde kak word weer en weer afgedruk in die keel
van die honger gepeupel
wat soos maaiers nie ophou vreet nie

pyn is kos en ons is almal honger
ons is onmenslik
se hulle
moord, verkragting, haat, jaloesie, trots
is dit onmenslik?
nee, dis deel van die mens

ons vat die wat nie ‘onmenslik’ wil wees nie
die wat pyn en seer wil genees
maak hulle sub mens
niks

en siembamba mamma se kleinjie
want ons het die mag

jy hoef nie te glo in satan nie
want die mens is ‘n erger duiwel
teenoor homself

(c) 2015 allen simpson

Die Kind is nie blind nie (Sig/Sien)

Graad Twee - 1980
Graad Twee – 1980

Die kind is nie blind nie
sy ogies rus net
sy visie is hom nie ontneem nie
dit kuier net erens

kleure het woorde geword
teksture wat se dat boombas bruin is
plant reuke wat se dis groen
‘n ma se sug wat haar gesig wys
‘n sug wat sê sy wens die kind sien

maar die kind sien
die kind is nie blind nie
sy ogies rus

(c) 2015 allen simpson

toe ek baie klein was (6 jaar oud) was ek in ‘n motorongeluk en te dankie aan die motorongeluk was ek blind vir ‘n paar maande. As julle op die foto kyk sal julle die litteken sien op my wenkbrou wat ek nogsteeds op my wenkbrou dra.

Die gedig word opgedra aan die blinde mense daarbuite, want te danke aan my eie blinde dae, weet ek bietjie van hulle wêreld.

day of ashes

ashes

It’s a twilight winter’s day and i can’t seem to wake up
it is cold outside and even the sun is pale without it’s make-up
fingers trembling to the soul, I light a cigarette
but all the flames to keep it warm just ends up dead

the harmony is broken the wheel does not turn
the day is so frozen that all it does is burn
lips cracked like ice break if I am not silent
even breathing is like a smoking passive violence

and I miss you in between, I am cold dear
and I hunger for your warmth, I feel old, dear
my day is ashes and I pick it up with a fork
it just falls back through the cracks

It’s a twilight winter’s day and I can’t seem to resurrect
dead inside and every room of me is painted black
my day is ashes and still I try to pick it up
it just falls through the cracks
it just falls through the cracks…

(c) 2015 allen simpson

Aanhaling Dag 3

Aan die einde van my aanhalingreis het ek besluit om my gunsteling akteur te gebruik. Ek dink ek besit amper al sy flieks en sy besondere uitkyk op die lewe is verfrissend. Ek het ‘n paar gunstelinge gekies. Dames en Here, ek het nou genoeg gepraat… kom ons luister wat sê:

Johnny Depp!!!!!

johnny1 Lees voort “Aanhaling Dag 3”

Aanhaling Dag 2

Ek het gaan dink en besluit om Terry Pratchett aan te haal. Hy is een van my gunsteling skrywers veral sy boek Good Omens (wat hy met Neil Gaiman geskryf het) en sy Disc World boeke. Ek kon nie op net een aanhaling van die literere reus besluit nie so ek gee julle maar ‘n paar…

Lekker lees!

terry 8 Lees voort “Aanhaling Dag 2”

Wanneer duister depressie jou omring

Dit gebeur min maar soms kry ‘n mens laat in die aand ewe skielik ‘n depressie en jy soek daai een ding wat jou uit dit kan haal. Gisteraand het ek eweskielik so teen ses uur net af gevoel. Dit gebeur min. Toe sit ek ‘n weird song mix wat iemand my gegee het op en tussen die liedjies het een my net opgevat en beter laat voel. DIe weird ding is dit was in een of ander oosterse taal (Later uitgevind it is Javanees) en ek het nie verstaan wat die dame sing nie, maar dit het my opgevat… elke slaan van die trom het my gelig, elke noot van die instrumente. En toe vind ek die lirieke van die liedjie en dit het my verstom
So ek deel die liedjie met julle en die lirieke in Javanees (wel dis wat Google Translate my belowe dit is), en die woorde in Engels.

Video:

Lirieke (Javanees): Kasme Wade (promises) Nibhayenge Hum, Milate Rahenge Janam Janam Dekha Maine Tujhko Toh Mujhe Aisa Laga Barso Kaa Soya Huwa Pyar Meraa Jaga Too Hain Diya Mai Hoo Batee, Aaja Mere Jivan Sathee

Lirieke (Engels): We will keep our promise and live up to it life after life. Love that was buried deep within, surfaced the moment I saw you! We are made for each other , so why be apart!

Liedjies wat gaan oor liefde het ‘n energie en al verstaan mens soms nie die woorde in ‘n taal nie, is daar ‘n gevoel… liefde skyn deur in elke taal. Kopiereg van liedjie aan sangers en die komponis(te) my woorde is my eie kopiereg, moet nie uit my mond steel nie, ne!

(c) 2015 allen simpson

Aanhaling – Dag 1

Zeppie het my genomineer vir die uitdaging. Dit werk so as ek reg is:

Plaas vir drie dae na mekaar ‘n aanhaling. Nomineer op dag een 3 persone wat moet saam speel.

Ek dink dit is die enigste reels.

Ek nomineer Hanneliese, Net Ek en Perdebytjie vir die uitdaging, want ek dink hulle is fantasties ❤

Hier is my aanhaling, en ek het ‘n ou gunsteling gekies:

Gewis is alles net 'n grap! Ons speel in die komedie mee geblinddoek met 'n lampfer-lap wat selfs die son 'n skadu gee. ~ Eugene N. Marais
Gewis is alles net ‘n grap!
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met ‘n lampfer-lap
wat selfs die son ‘n skadu gee.
~ Eugene N. Marais

Ek sien uit daarna om my mede-bloggers wat ek gekies het se aanhalings te sien.

N.s Dankie vir Hanneliese vir die foto

Band of the Month: Clan of Xymox Part 4

Every Month, every Wednesday, I am going to feature a band and play a music video by them. This month we listen to Xymox / Clan of Xymox. They used to be Xymox but changed their name to Clan of Xymox.

This Wednesday’s song: Clan of Xymox – Cold Damp Day

Genre: Goth

Video:

Lyrics:

I can’t escape this bitter taste
And it’s all because of you
When you’re gone I feel alone
And my patience is wearing thin
When I dream in my bed
My pillow is wrapped around my head
I need your warmth , taste your skin Lees voort “Band of the Month: Clan of Xymox Part 4”

Episode 3 wolfie en die Griekse mites

Ek hou ‘n boek na jou toe uit.

“Haai wolfie, jy het my lanklaas ‘n boek gewys” sê jy opgewonde

“Ek het min tyd gehad om boek te lees. My werk maak my pê in die aande… ek mis my leestyd.” Sug ek.

“So wolf, wolf wat lees jy?” vra jy met ‘n glimlag

Ek hou die boek nader vir jou om te sien.

“Dit is Ovid se The Serpent’s Teeth, wolfmater. Die storie in die boek is oor die twee duisend jaar oud en is gebasseer op Ovid se laaaang gedig ‘The Metamorphoses”. The Serpent’sTeeth is ‘n verwerking van Boek III, IV, V en VI van die gedig The Metamorphoses”. vertel ek en tik liggies aan die boek se buiteblad. Lees voort “Episode 3 wolfie en die Griekse mites”

oomblikke

sommige oomblikke sit op jou asof
jy iemand onsigbaar abba op jou seer rug
die pad in die lewe raak lank
die tyd staan stil

sommige vind in die bottel verligting
sommige in self-haat
ander gee dit vir hulle God
maar tog voel hulle dit nog

sommige leer daaruit
en die vrag word ligter
as hulle dit verander in wysheid
en dit deel vir ander
om te leer
om swaar oomblikke te vermy

en dan sommige oomblike word vriende
word heimweë
word mooi onthou

oomblike is eierdop sensitief
mense
moet leer watter om te bêre
watter om van te leer
en watter om met liefde te omvou

(c) 2015 allen simpson
dankie vir al die oomblikke die goeie en die selgte, asook elkeen wat dit vir my gegee het, want dit het die gedig na my gebring. Namaste

Dankie Hanneliese vir die gebruik van die foto

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑