Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

September 2015

Pornografie

pornografie op jou lippe
as jy haar bekyk
soos ‘n piranha
jou wellus uiter
jou ‘sogenoemde manlikheid’ bewys
deur jou verkragting’s fantasie
hardop met ons ander mans te deel.

perverse vent
jou pornografiese vergelykings
is so frank soos ‘n drolpeer
wat verdrink het
en vrot
soos ‘n rot in kaka water

respekteer die vrou
sy is die ewebeeld van God

(c) 2015 allen simpson
niks grief my meer as mans en vroue wat hardop vertel hoe hulle iemand in die bed wil kry nie. En dan klink hulle soos verkragters ook 😦
Verskoon my krutaal in my gedig…

Band of the Month: Porcupine Tree (Part 4)

Every Tuesday I focus on a band or artist and play a music video featuring them. This month we listen to Porcupine Tree, an English progessive rock band.

About today’s video: it is a beautifully crafted song that fits the song like a glove

This Tuesday’s song: Porcupine Tree – Lazarus

Genre: Progressive Rock

Video:

Lyrics:

As the cheerless towns pass my window
I can see a washed out moon through the fog
And then a voice inside my head, breaks the analogue
And says Lees voort “Band of the Month: Porcupine Tree (Part 4)”

Dis befonk om digter te wees

Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel
Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel

Vanaand het Hanneliese vir my kom kuier uit Potch uit en ons het by Krugers in Paul Kruger Straat ‘n lafenis teen die hitte gaan soek. SKielik keer ‘n meisie my voor en vra of ek WOlfie is, toe se ek ja en sy se sy herken my van my gedigte af op digblaaie in FB. Dit was so cool. Lees voort “Dis befonk om digter te wees”

Mites van my bloed

kindwees was soms ‘n scary plek
die mites van my land het my soet gehou
want antjie somers sou my kom gryp
en brolloks en bittergal
het kinders kom haal
en die lammervanger was op my spoor
so stokkiesdraai was ongehoort

“sussa, ek is bang
hou my vas die monsters gaan my vang”

en in die aand was daar iets in die kas
dit het gegrom en gestaan agter ‘n ou jas
en as die weerlig hard slaan in die nag
het ek hom hoor ritsel en saggies lag

“sussa, ek is bang
hou my vas die monsters gaan my vang”

“sussa, wat my stories vertel
jy was soms scary maar jy was my pel
en elke keer as ek bang in die nag
jou naam roep het jy die monsters
met jou besem weggejaag…”

mites van my bloed
oorvertel van kind tot kind
kinders van vandag
sal dalk nooit dit ondervind
want Hollywood het ons stories vermoor
en kinders het gegroei
en stories is ophou vertel
want nou is die monsters op t.v. nuus
en die kinders in tronke en agter tralies

maar dalk het iemand ‘n Sussa
wat hulle vashou… en die monsters wegjaag

(c) 2015 allen simpson
opgedra aan Sussa

Band of the Month: Porcupine Tree (Part 3)

Every Tuesday I focus on a band or artist and play a music video featuring them. This month we listen to Porcupine Tree, an English progessive rock band.

About today’s video: We have another train-themed song today. The song writer explained the song meaning:

“First of all, I live by some train tracks.
In the summer time, a few years ago, I met a girl who I spent a lot of time with, and who ended up being my first real ‘love’. We had a lot of good times together, but I knew, in the long run, we’d never really be able to be together, and I’d probably never see her again. Needless to say, I was simultaneous more happy and more sad during that summer than any other time in my life. My cousin always used to come over and spend the night during the summer, and he came over for a few days one week after a week where I’d spent every day with that girl and told her everything I was thinking and all that.
So my cousin and I stayed up all night talking about girls and various things like some sort of cheesy scene in a coming-of-age movie from the 80s. The following night, when we actually tried to sleep, I was woken up around midnight by the sound of that freaking train rolling through.
So here I am, three years later thinking that always the summers are slipping away. I need to find me a way for making them stay.”

This Tuesday’s song: Porcupine Tree – Trains

Genre: Progressive Rock

Video:

Lyrics:

Train set and match spied under the blind
Shiny and contoured the railway winds
And I’ve heard the sound from my cousin’s bed
The hiss of the train at the railway head Lees voort “Band of the Month: Porcupine Tree (Part 3)”

want jy is iemand van my hart

stilnag breek flenters met uilsange
drome herweef nuut in die hart
luister met liefde
luister met lewe
want jy is iemand van my hart

voor ons lê ‘n nuwe wêreld oop
satiere en nimfe wat dans in die dal
blinkende kristalle is al die sterre
en fluisterend roep ek jou naam

kyk met my na ‘n undine se dans
wat by haar waterval konsert hou saans
sien die silfe hoor hulle kore
die faerie kom dans saam vanaand

stilnag kry lewe met sidhe gesange
die maan godin klim uit haar bootjie vanaand
luister met liefde
luister met lewe
want jy is iemand van my hart

(c) 2015 allen simpson
foto geneem te Viper’s Lair
foto kopiereg Allen simpson

stemme van die woud

het jy al gedwaal in die groen van ‘n woud
en in die mis die stemme hoor roep
het hulle jou al gelei na ‘n paddastoel kring
en geneem na die sidhe se vallei

het jy al gedans met Titiana
op die maat van Wyland se viool
en het die faeriemeisies jou betoor
met hul krone van wilger en eik

en daar in die sidhe se woud
lê die meer en daar is ‘n boot
wat sonder stuurman jou na Avalon sal neem
na Niniane se appel boord

en daar was ‘n swaard in ‘n steen
wat wag vir die Eens en Toekomstige Een
Excalibur glinster in die son
en die Faerieland wag vir hul koning…

stemme van die woud in die mis van misterie
roep die wat luister na die land van Faerie
vat my hand ek neem jou my lief
na die land verby die miswolke
waar ons sal dans en die swaard probeer toets
miskien is jy of ek die Een…

(c) 2015 allen simpson
gebasseer op Arthurian, Wicca, Witta en Celtiese legendes.

Titiana is een van die name van die Faerie koningin
Wyland verwys na die legende van Wyland die Smit van die Faerie
Puck is ‘n bekende poetsbakker Faerie wat selfs in Shakespear se Mid Summer Night’s Dream voorkom
Sidhe is ‘n ou Celtiese term wat Faerie beteken
Feetjies is stooi daarom gebruik ek die oud-Engelse woord Faerie

Opgedra aan Niniane Du Lac

Foto geneem deur Hanneliese Bredell

Era van die Wolf

Probeer om my te demistifiseer , maak stories op oor slegte wolwe
probeer om my name te besmet , met drie klein varke
probeer om my die booswig maak wat vir Rooikappie wil opeet
maar ek bestaan in elke era

Ek is die seun by die voete van Odin se troon
Ek is die een wat jag met Diana
Ek is die owerste van alles wat goed is
en my nimf as jy my lief het sal ek selfs jou weerwolf wees

Sien my ry soos ‘n ridder af op sonsondergang
my rooi kappie prinses op my rug
op my twee wiel perd van staal
want ek’s die wolf dis my era

begrawe jou wanopvattings
of jy sal nooit my goedheid sien skyn
verhale opgemaak uit lyding en ellende
want jy is blinde mol – verblind deur hoorsê woorde

Ek is die die kind van die maan
Ek is die bewaarder van die runemal
Ek is die prins van die spiraal dans
en my nimf ek is die peyote van die trans
want ek is in elke era

Ek het romulus en Remus gevoed
in die wildernis het ek hulle bewaar
die mite van Rome is te danke aan my
want ek is in elke era

Ek is Geri en Freki by Odin se voete
ek is die broer van die mens en yee naaldlooshi
soek my en jy sal my vind
ek is in elke era

deesdae maak jy my ‘n tv ster
in ‘teen-wolf’ hoor jy my legendes
ek is in die hart van elke sigeuner verhaal
want ek is in elke era

(c) 2014 allen ‘ Wolfie ‘ simpson

Mense dink net altyd aan die mites oor die wolf as negatief te danke aan die Broers Grimm se Rooikappie asook die Drie varkies se verhaal. Wolwe is ook in baie ou kulture beskermers van kinders en boodskappers van die Gode. Google gerus van die goed wat ek noem in my gedig en ontmoet die wolf as ‘n wese wat vir sommiges goed en sommiges sleg is.

Foto kopiereg (c) allen simpson

weerlig voël stories

noord
in animikii se vlerke dans die weerlig
hy flap-flap en sy vlerkesang dreun die vlaktes rond
vanaand vanaand gaan die druppels val
en animikii, gaan veredans
min gepla oor mens, feniks hy in die lug
sy sagte hart bring reën en oes
sy waters laat die aarde rustig sug

Suid
impundulu kom soos ‘n vampier in die nag
in swart en wit vere getooi
dit sluip na elke huis as ‘n mooi nooi
dit soek bloed en sal jou slag
‘n toordokter sal hom vang
en impundulu sal goël
bewaar die een wat sy weerlig voel
want hy sal tot niks verkool

Argument
Noord en Suid twee weerligvoëls
die een soek dood, die ander gee brood
so is die oorvertelings deur pa na seun
oor die hele aarde heen
sal ons ‘n mite regtig kan oordeel
as een so mooi is en ander sleg
in die oog van die luisteraar
is dit wat die hart glo maar die weg

(c) 2015 allen wolfie simpson
animikii – ‘n weerligvoël legende van die Ojibwe, Algonquin, Ottawa, Shawnee in Noord Amerika
impundulu – ‘n weerligvoël legende van die Pondo, Zulu en Xhosa van Suidelike Afrika

Die foto is van ddie vriendelikste lieftalligste aasvoël wat ek in my lewe ontmoet het… Ek dramy gedig op aan hom en Hanneliese, want sy sal verstaan

Honde Oog

In my hond se oog is ek nie Wolfie nie, net reus
reus gee hond elke dag kos
maar die kos in reus se bord ly altyd lekkerder
as die pille in hond se bord

hond skuur-skuur met elke ete aan reus se bene soos ‘n kat
of slip soos ‘n haiena by reuse se voete rond en hoop reus laatval ‘n krummel

hond sit agter reus terwyl hy op die rekenaar werk
dan raak hond vervelig en skep vir hom ‘n grot
die grot was eers reus se (amper) netjies opgemaakte bed…

die honde grot

As reus in die aand gaan slaap sluip hond suutjies
en gaan lê op sy gunsteling matras… naamlik reus

die reus as matras

wie weet wat hond se gedagtes is…
wat is mens in die oog van ‘n hond…

(c) 2015 allen simpson
fotos deur Allen simpson

geloof’s ekstrak

skaars was ek soos die maan op donkermaan aande
weg gesteel na drome
terwyl ek, moeg, gedrink het aan wonders
die wonder van wanneer
die wonder van hoekom
die wonder van waarom nie

my beker vol wonders het oorgeloop

daar was net een uitweg…

dit het gekom in ‘n droom….

die ekstrak van geloof is nie in mense se woorde nie
dit is nie in boeke nie
jy sal dit nooit op teleivisie nuus kry nie
die ekstrak van geloof is in jou
jou hart
jy wek hom op
hoor hom eers swakkies klop
klop
klop
dan speel die dromme
en jy glo en glo en glo

en jou beker loop weer oor in wonders
wonder hoekom jy nie gouer daaraan gedink het
wonder watse magiese wonderlike dinge op jou wag

al wat jy doen…
net een simpel stap…

‘n druppel ekstrak van geloof in die beker van wonders

dis al…

(c) 2015 allen simpson

ai die foto het ‘n spelfout op… wys jou net as jy oormoeg is maak jy foute

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑