Heimwee

Heimwee neem my saam
Op die spoed van lig
Haar vlerke sweef soos
‘N arend se vlug

Daar was dae toe ek honger geslaap het
Maer jare van seer en nood
Die een se dood is die ander se brood
Waar alles van my ontneem was
My lewe was glas
En skerwe

En ek dink terug
Op heimwee se rug
Daar was engele op my pad
Soos ‘n laer wolwe het hulle om my getrek
Oor my ontferm
Beskerm

Dankbaarheid neem my saam
Op die spoed van gebed
Haar vlerke sweef soos
‘N arend se vlug
En my hart ken net dankie

(C) 2013 allen simpson
Vir my goeie wolwe en engele

Fotografie : Hanneliese Bredell

Foto geneem by Roodeplaat Dam

digstuk waar 5 dwaal

‘n ma staar, haar hart naar, waar
pyn onthou, ontsluit,
ou tyd waar rus was
nou ‘n spook in hartskadu
sy droom in drogwaan
van haar knaap nou ontgaan
was dit ‘n Plan,
van ‘n Hoog Hand Bo?
waarom dan glo?

‘n vraag dans
vyf dwaal
“waarom?” in wynig aardstaal
“waarom?” vyf maal
oor haar barslip kom niks
oplossings ontwyk haar

is dit haar noodlot?
sy is in ‘n blik?
sy wil stik
sy dink na ou tyd
haar knaap,  ‘n draadkar
in ‘n pad
‘n raas van ‘n kar wat laat stop

‘n vraag dans
vyf dwaal
kar om ‘n paal
jaag na hospitaal
knaap wat dwaal
na ‘n huis van dood
nou is stof tot stof
haar knaap nou stof tot stof…

‘n vraag dans
vyf maal
“waarom?” in wynig aardstaal
“waarom?” vyf maal
oor haar barslip kom niks
oplossings ontwyk haar

(c) 2016 allen simpson
ek wou ‘n gedig skryf sonder om die letter ‘e’ te gebruik, maar ook ‘n gedig wat ‘n storie het…
Die gedig is: ‘digstuk waar 5 dwaal’ en dit het ‘n dubbel mening (1) die vyfde letter ‘e’ dwaal want dit is nie in my gedig nie. (2) sy vra waarom vyf maal oor haar seuntjie se dood.

Dankie vir Hanneliese vir die gebruik van haar foto. Ek wou ‘n ma gebruik vir my gedig se foto en Hannelise is ‘n fantastiese ma.

Keiser se klere

soms is ons blind
loop kaal, naak deur die strate
soos ‘n keiser sonder klere

ons besluit ons het al die antwoorde
sien ‘n vuil vrou bedel by die stopstraat
en wonder wat is haar keuse van dwelms vanaand

maar wie is sy om tot daar te kom
was sy ook ‘n keiser sonder klere?
het sy maar net geval?

kyk in jou spiëel
voor elkeen van ons is ‘n abyss
is jy seker jy sien nie jou een voet oor die rand nie

ons almal is in ‘n fragile plek
maar ons is blind
ons is keisers

kaal
en fokken blind…

(c) 2016 allen simpson

Meester pad

DSCN1012

Verlore, spoorloos
Diepgetrapte ektoplasma
Van gister-spoke
Word blindelings gevolg
Tonnelvisie muile wat lemmingkoors
So getrou navolg

Eenkant loop ‘n wolf
Volg sy hart
Bid
En al kompas is glo
Iewers sal ‘n nuwe lewe kom
Waar rusplek is
Sonder intensies
Sonder oordeel
Net voete van ‘n Meester Godin

Daar waar wolf en lam
By stille waters rus
En die skadu van sy Meesteres
Hom van hitteson verfris

Amen

(C) 2013 allen simpson

Baie dankie aan die pragtige model Hanneliese vir die foto

The slipper (Second one)

You wanted to try my slippers on
said you wanted to walk in my shoes
your feet cut to shreds on my barbwire slippers
Have you no excuse?

you decided so easily that I am dead,
inside
you decided so easily that I am the boogieman,
at night
how does it feel in my slippers?
How does it feel in my slippers?

my slippers are pain
the pain endured by futile judgements
my scabs are each a story
which will make no sense
to you, pretender…

you decided so easily that I am dead,
inside
you decided so easily that I am the boogeyman,
at night
how does it feel in my slippers?
How does it feel in my slippers?

I have lived with my feet
a thousand years
I have overcome
all my fears
I am the tip of the iceberg
lurking
I am the voice of reason
creeping down your spine
now go judge yourself
and leave me to me
my feet, my slippers, myself, my soul, mine,
you can’t have it…

how does it feel in my slippers?
How does it feel in my slippers?

(c) 2012 Allen Simpson

Reworked from an earlier poem, Inspired by Nine Ince Nails

Brief aan my siel

20160227_161400

Liefste Siel,
Leer my om te luister
Al is woorde net die stilte
In die oomblik
Leer my om te sien
In duister oomblike
Met my hart
Leer my om te vergewe
Want daardie vrag is altyd swaar
Leer my om ‘n hart te wees
As iemand se hart breek
Leer my om te troos
Al is ek nat van trane
Laat ek ‘n stem wees
Wanneer iemand seer en stom
Woordeloos raak om pyn te vermom
Siel, bo alles leer my om altyd te luister
Wanneer die Groot Gees my wil lei…
En hou my nederig
Want ek is net ‘n instrument…
Liefde,
Allen

(C) 2013 allen simpson