soos miere het ons voorouers gestroom
na die Plek van Roet en Goud
fluweel was ons drome
en ons het gedobbel met oorvloed

nou is die goud soos seesand
wat uit ons hand gespoel het
tot in die hartelose see
en ons land, ons Plek…
‘n woestyn van roet

(c) 2024 Allen Wolfie Simpson