Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Julie 2015

die konstant van tussen

tussen die klap-klap van hout op die vuur
en flik-flik van die sterre in satynswart nag
tussen elke sekonde van elke uur
die spasies tussen woorde
tussen die knip van die oog
is daar altyd ‘n oomblik
jy leef daarin

tussen die ontstuimige seegolwe
en die kedoef van die hart
tussen geloof en glo
tussen heimwee en nostalgie
tussen en in
is daar altyd jy
jy leef daarin

in die tyd-ruimte kontinuum
is jy die konstant
en al is ek verlore in tyd
tussen dinosaurusse en oermens
is jy die lig in my kers
jy leef daarin

(c) 2015 allen simpson

Necropolis

Sjoe, Hanneliese doen my ‘n groot eer aan deur een van my gedigte in haar blog te gebruik en ‘n paar fotos van my by talle begrafplase…. ek voel so geeerd ❤

Ons Sterre (astrologies gesproke)

Vanaand verskiet ek vir jou soos ‘n ster,
hou my styf vas, jy vat my ver,
duskant die Dogon se ster
wil ek vir jou ‘n blom gaan pluk
jou sagte hare daarmee rangskik.
Jou vat op ‘n bootreis op die maan
Mare Imbruim en Mare Crisium deur vaar
tot ons seilbootjie wil dapper vlug
op ‘n sterrewind se rug.

En die sterre sal in jou oë in klim
en ek sal hulle in jou opsoek
en ons sal mekaar duskant middernag vind
in ons harte is ons vir ewig kind…

Ons sterre sal vir ewig wees
dit is die astologie in ons gees…

(c) 2013 allen simpson

ek deel die gedig weer op aanvraag

Band of the Month: Leonard Cohen Part 5

Every Wednesday, I focus on a band or artist a band and play a music video featuring them. This month we listen to Leonard Cohen.

Today I am not playing you a song, but a reading Leonard Cohen did of Paul Simon’s song ‘The Sound of Silence’. It is a nice way of ending our Leonard Cohen celebration

This Wednesday’s song: Leonard Cohen – Sound of Silence

Genre: Reading

Video:

Next Wednesday we will start a new artist, please look forward to it with me

Life and Line

prayer wolf

Following the lines and cracks
memories in greys, whiteblacks
the day I almost died
the day I died and came back again
the day I met the me within
the day I fell in love
the day she died suddenly
the day I became a man
all written in cracks and lines
in my hand

and still more lines to be fulfilled
a scar lined path of mystery
yet in truth every line is mine to make
every good and bad mistake.

Goddess I am just a man
lead me on hand in hand.

(c) 2011 allen simpson

Photo Copyright (c) 2015 allen simpson & Hanneliese Bredell

My derde bundel

Julle was lus vir nog ‘n digbundel deur my en ek is ook lus vir nog ‘n bundel. Die keer het ek en ‘n talentvolle digter saam besluit om ‘n bundel uit te bring. Hou die spasie dop, want nog ‘n bundel is oppad.

Mea Culpa (Alleen)

vergewe my as ek dit wat ek nie verstaan nie
summier op ‘n ashoop gooi
ek is bang vir wat ek nie weet nie
en dink alles wat my verstand te bowe gaan
is alles behalwe mooi
vergewe my as ek
slegs raaksien in dit wat ek nie ken nie
ek is maar net ‘n tonnelvisie-ou
moslem, hindu, vegan, gay
ek verstaan nie, gaan hulle vermy

*

ek lê so bitter alleen in my bed vanaand
hoekom is ek alleen?

(c) 2013 allen simpson
geinspireer deur Tears for Fears se Mad World

My inspirasie is mense wat niemand aanvaar vir wat hulle is nie, wat nie die mooi in ander sien nie en my inspirasie is ook die feit dat ek nog altyd sulke mense sien alllen opeindi… sonder liefde

Kaapsehoop geskiedenis les en spookstories….

Maak julle reg vir ‘n spook storie want Hanneliese vertel ons van die spoke van Kaapsehoop. Is julle dapper genoeg om te lees….?

Modern dance and kimono: This will be the coolest dance video you see all day!

Blik-skuim, die ouens is fantasties!

Letter to The next Generation

To the next generation

Hey you, it is time for my generation to let go. We have done some pretty amazing things and done some pretty screwed up things, it is now your turn. Learn from the mistakes we have made, please see if you can fix some of those we made and tried to fix ourselves. The earth we give you, we have broken a lot of it and fixed a lot of it, and we hope you can make it better for your children and children’s children. We give you our hopes and dreams that you may fulfill it and rise above our generation. We give you our hope because it is the second most precious gift we have been given. Our most precious gift you already have. You have our love. We gave it the moment you gave your first kick in your mother’s womb.

Go forth and be the light for generations to come.

with Love,

The previous generations

(c) 2015 allen simpson

For Angie, Alison, Donnavan, Monique, Tracey, Damien and Robet. With love

Afwagting

in my hart ruik ek suiwer nat aarde
en my geestesoog sien silwer druppels plons-plons
val
my afwagtig jubbel dans
somerreën weer sal kom
reën weer sal kom
nou in somber koue
van gryswinter
wag ek dat winter in warmlente kleure sal sterf
en ek sal na jakarandabloeisels kyk
reikend na die son

(C) 2013 allen simpson
‘n gedagte

Foto kopiereg (c) allen simpson en Hanneliese Bredell

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑