Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

Wolfie

Wolfie Speel met Rooikappie deel 4 en 5

Welkom terug. Ek, wolfie speel deur die speletjie Red Riding Hood (en nee ek het dit nie gemaak nie, ek is ‘n digter nie ‘n speletjie maker nie). Soos julle kan sien in die prentjie gebeur iets verskriklik met Red… Lees voort “Wolfie Speel met Rooikappie deel 4 en 5”

Wolfie Speel met Rooikappie deel 2 en 3

Welkom terug. Ek wolfie speel deur die speletjie Red Riding Hood (en nee ek het dit nie gemaak nie, ek is ‘n digter nie ‘n speletjie maker nie). Kom ons kyk of my keuses in die storie Red en Alex lewendig kan hou… Lees voort “Wolfie Speel met Rooikappie deel 2 en 3”

Wolfie speel met Rooikappie

Rooikappie
Rooikappie

Soos julle weet het wolwe spesiale verhoudings met meisies genaamd rooikappie. Lees voort “Wolfie speel met Rooikappie”

Kronieke van sy kronkelstap

Lank lank gelede was daar ‘n kind
Hy het soos ‘n veertjie gedwaal in die wind
Op die vlaktes het hy sy naam gevind
In die huilroep van ‘n nagwolf

Sterre soos edelgesteentes
Het die swartsatynnag volgelê
Vol van beloftes
En die kronkel pad van die melkweg het hom gewink…

Hy het die stories van Die Vloei vertel
Lang nagte sy kronieke gegraveer
Op kubermure dit gegrafitti
En sy kronkel pad geloop
En altyd gehoop

En soms in sy hoop
Is ‘n saadjie geplant
Dit het gerank na die sterre
En saam met hom gesoek na sy drome

Sommige drome is gevind
Sommige drome is gesteel
Sommige drome is gebreek
Sommige drome kom nog
Soos swaar wolke wat reën laat kom
Elke droom ‘n seisoen
En in elke een ‘n klippie
Van die kronkelpad
En altyd is hy die een wat steen vir steen
Sy toekoms ooppak…

(C) 2013 allen simpson

Ja, die gedig oor myself gekryf 3 jaar gelede. Nes skilders sefl portrette doen, doen digters dit soms….

Foto geneem deur die talentvolle Hanneliese Bredell

Byname

Geinspireer deur Toortsie van Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se ‘Byname’ artikel skryf ek die artikel oor byname.

My van is Simpson so jy kan dink watse byname ek te danke aan my van gekry het, “Homer’ en ‘Bart’ en een dom aap het my eenkeer O.J. genoem, hy het nou nog berou nadat ek hom bygedam het. Ander het die letter ‘P’ uit my naam gehaal en my ‘Simson’ genoem… hulle het ek ook reggesien. Ek is nie ‘n bybelse figuur nie en ‘Simson’ was vir my ‘n swakeling gewees wat ‘n slegte dame toegelaat het om sy hare te sny wat ‘n Goddelike geskenk was. Lees voort “Byname”

Priester Wolfie

Ek hoor toe ‘n wyle terug dat mens kan registreer om ge’ordain’ te word as ‘n priester op die internet, dit net nadat ek in ‘n paar T.V. reekse daaroor  episodes gesien het. Toe gaan loop ek rond in die kuber ruimte en vind uit dat ja, ek kan ‘n priester word en dis ‘n wettige sertifikaat in vele lande.  Lees voort “Priester Wolfie”

Die Pou, die Hoender en die Makou

Haai daar. Soos ek belowe het in my blog artikel Poue in ‘n reënboogdorp het ek nog iets oor poue vir julle. Hier is dit….

Lees voort “Die Pou, die Hoender en die Makou”

Bestel jou nuwe Wolfie Bundel nou!

Asylum of Verse is hier!!!!

Asylum of Verse
Asylum of Verse

Resensie:

Asylum of Verse – vir die leser wat diéper en vérder reise wil onderneem, as bloot padlangs te loop…

Wat ‘n briljante kombinassie van twee digters om die verskil tussen lig en donker soos ‘n spieël voor die leser te hou, om net daarin, ‘n eie refleksie te sien van die onuitgesproke; dit waarvoor ons soms bang is om hardop oor te praat…

Tussen Alicha en Allen, word mure letterlik en figuurlik in woorde afgebreek tot ‘n naakte waarheid, soos hulle dit ervaar. Juis in die uniekheid van hulle woorde, word die leser gedwing om déél van ‘n eiesoortige wêreld te word, waar nuwe ontdekkings braakland lê. Die leser word die opsie gegee om sélf te bepaal hoé die woorde in hierdie bundel, sy / haar bestaan inspireer.

Frankly, I am impressed with the beautiful combination of two of our official languages, Afrikaans and English in this book – this too, reflects the balanced relationship between the two writers – moontlikhede hierin, is legio…

Vir diegene wat ‘n verskil soek in norm – is hierdie bundel ‘n moet op enige koffietafel

Welgedaan, Allen en Alicha!

Diërdré Jonker / Digter

Oor die boek:

Asylum of Verse is ‘n woordspeling op die woorde ‘asylum’ en ‘verse’ bedoelende dat ons as skrywers van die boek, vind ons toevlug, of herberg van die wêreld in die magiese krag en kompleksiteit wat verse (of poësie) is. Enige ander betekenis wat jy as leser ervaar oor ons boek se titel, los ons vir jou verbeelding.

Bestellings en Koste:

Asylum of Verse se koste is R150 (Dis is R110 plus R40 Posgeld) en kan verkry word deur Allen te email by ookamishadows@gmail.com of deur hom op sy Facebook te inbox.

Maak jou oop vir ‘n nuwe wêreld in woorde.

Dis befonk om digter te wees

Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel
Ek, Hanneliese en Tish Swanepoel

Vanaand het Hanneliese vir my kom kuier uit Potch uit en ons het by Krugers in Paul Kruger Straat ‘n lafenis teen die hitte gaan soek. SKielik keer ‘n meisie my voor en vra of ek WOlfie is, toe se ek ja en sy se sy herken my van my gedigte af op digblaaie in FB. Dit was so cool. Lees voort “Dis befonk om digter te wees”

Era van die Wolf

Probeer om my te demistifiseer , maak stories op oor slegte wolwe
probeer om my name te besmet , met drie klein varke
probeer om my die booswig maak wat vir Rooikappie wil opeet
maar ek bestaan in elke era

Ek is die seun by die voete van Odin se troon
Ek is die een wat jag met Diana
Ek is die owerste van alles wat goed is
en my nimf as jy my lief het sal ek selfs jou weerwolf wees

Sien my ry soos ‘n ridder af op sonsondergang
my rooi kappie prinses op my rug
op my twee wiel perd van staal
want ek’s die wolf dis my era

begrawe jou wanopvattings
of jy sal nooit my goedheid sien skyn
verhale opgemaak uit lyding en ellende
want jy is blinde mol – verblind deur hoorsê woorde

Ek is die die kind van die maan
Ek is die bewaarder van die runemal
Ek is die prins van die spiraal dans
en my nimf ek is die peyote van die trans
want ek is in elke era

Ek het romulus en Remus gevoed
in die wildernis het ek hulle bewaar
die mite van Rome is te danke aan my
want ek is in elke era

Ek is Geri en Freki by Odin se voete
ek is die broer van die mens en yee naaldlooshi
soek my en jy sal my vind
ek is in elke era

deesdae maak jy my ‘n tv ster
in ‘teen-wolf’ hoor jy my legendes
ek is in die hart van elke sigeuner verhaal
want ek is in elke era

(c) 2014 allen ‘ Wolfie ‘ simpson

Mense dink net altyd aan die mites oor die wolf as negatief te danke aan die Broers Grimm se Rooikappie asook die Drie varkies se verhaal. Wolwe is ook in baie ou kulture beskermers van kinders en boodskappers van die Gode. Google gerus van die goed wat ek noem in my gedig en ontmoet die wolf as ‘n wese wat vir sommiges goed en sommiges sleg is.

Foto kopiereg (c) allen simpson

Asylum of Verse

12001934_10200842061811990_168741363_o (1)

Die voorblad van my en Alicha Du Plooy se digbundel Asylum of Verse!!!!! Dit is my derde boek en ek kan nie wag dat die eerstes by hulle nuwe base kom nie. Dankie Francois Meyer vir die fantastiese voorblad wat jy geskep het vir ons digbundel!!!!!
Maak julle gereed, Asylum of Verse is so naby julle kan amper die woorde proe!

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑