Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Kategorie

Gedigte

roet en goud

soos miere het ons voorouers gestroom
na die Plek van Roet en Goud
fluweel was ons drome
en ons het gedobbel met oorvloed

nou is die goud soos seesand
wat uit ons hand gespoel het
tot in die hartelose see
en ons land, ons Plek…
‘n woestyn van roet

(c) 2024 Allen Wolfie Simpson

in die land kanaan

in die land van kanaan

in die land van kanaan het ek jou verloor
my hart was jellie en my voete getoor
my asem was weg
ek het bitter wasems gehaal
jy het my hart geoffer aan baal, toetaal
was ek gefok

in tale en woorde het ek na jou geroep
elke druppel van my bloed was as en roet
my siel was leeg
soos Nietsche se dialoog
jy het my geskiet met pyl en boog,
kolskoot

en toe was jy weg
en ek het jou gesoek
en gevind

jy is nou net as en wind
as en wind

(c) 2023 allen wolfie simpson

ek maak jou nuut

ek maak jou nuut in my woorde
jou hol wange en kraaivoet oë
plooie soos die mars kanale
jou moeg wat sug in jare
val weg en ek onthou jou;

jy wat was ‘n vonk en later ‘n vlam
voor jy spoeg vuur geword het
voor jy eendag net as word
maak ek jou nuut

in die onthou

ek kyk in die spieël
en weet wie jy is

ek

(eendag lank lank gelede was daar ‘n ek
jonk en het fokkol geweet
my onskuld het almal laat glimlag
voor dubbeltjies van jare
die kaal van my voete gesny het

die ek was ‘n dromer
hy het geleef in hoop)

ek maak my nuut in my woorde
deur te onthou
my kindelike onkunde
my glo in alles ontmoontlik

(eendag het jy, meneer ek,
oud geword en in ‘n speël gestaar
en jou nie meer herken nie
maar in die onthou van ‘n ouer man
leef ek die kind…)

soms nog sien ek die kind, die ek
en ek wens dat alles nog moontlik was
toe glo in onmoontlik moonlik was

ek is dan vir ‘n minuut
nuut in my woorde

(c) 2022 allen wolfie simpson

geraas golwe

geraas in my kop, my huis, my land
geraas as die winkels brand
geraas as onlusjik ‘n nasie pak
en dan lockdowns, loadshedding en sulke kak

iewers is nog ‘n corona geval
elke dag die selfde poker spel
en die joker en die gek
is die uwe, ek

geraas golwe fok my rond
geraas golwe fok my rond…

(c) 2021 allen wolfie simpson
onder protes

tonele uit die ashoop

As jy fokkol het
vryheid en vrede
jou ontneem word
jy gehok en geforseer
om jou werk te verloor Lees voort “tonele uit die ashoop”

Buite

 

Buite, waar ek in gemaskerde stilte beweeg tussen lewende dooies…

iemand nies en sommige mense kry verskrikte kyke op hulle gesigte… Lees voort “Buite”

die oggend

die oggend

die oggend,
roep die hadedas by my venster
lig kruip in
‘n nuwe dag sug wakker Lees voort “die oggend”

Hoe skryf mens moeg

Hoe skryf mens moeg op sosiale media
as jy moeg is vir al die pyn
mens sien net geweld
winkels wat brand
kinders wat weg is
vroue aangerand Lees voort “Hoe skryf mens moeg”

dag sonder blomme

dag sonder blomme
dag sonder blomme

‘n dag sonder blomme
maar
dis net Lees voort “dag sonder blomme”

vir die memories (Geinspireer deur die pers heks)

Ek wandel die strate van Parys
en rus op die oewer van die Vaal
die bome dans ‘n wals van groen
in die wind Lees voort “vir die memories (Geinspireer deur die pers heks)”

herdenke

Vir jou wil ek dankie se
vir die avontuur wat net jy is
met jou was ek in ander werelde Lees voort “herdenke”

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑