Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Februarie 2015

GEBEDSPSALM VIR MY HEER (GANESHA)

U, wat wysheid straal, O Heer, O God
hoe onbeskryflik U hart en U vrygewigheid

Ek voel hoe U my streel
as ek alleen en naak in die wêreld voel

Ganesha, my Heer en My God
Vat my juk van my skouers af
Vat my struikelblokke in my lewe
neem dit weg na verre plekke
as dit U behaag, O heer

Ek loof U, Seun van Shiva
my lof en prys to U
Heer van Wysheid en Genesing

(c) 2014 allen simpson
Jai Shree Ganesha

Prentjie (c) 2015 Allen SImpson

Attention

000 01 Static

 

 

Alien Sex Fiend – Now I’m Feeling Zombified

Video:

Lyrics:

Now I’m feeling zombiefied!

Face is white
And my eyes is tired. Lees voort “Alien Sex Fiend – Now I’m Feeling Zombified”

See for yourself – Furry interesting

“The furry fandom is a subculture interested in fictional anthropomorphic animal characters with human personalities and characteristics. Examples of anthropomorphic attributes include exhibiting human intelligence and facial expressions, the ability to speak, walk on two legs, and wear clothes. Furry fandom is also used to refer to the community of people who gather on the Internet and at furry conventions.” ~ Wikipedia Lees voort “See for yourself – Furry interesting”

Allen en Hanneliese van Cullinan na Nan Hua Tempel

Hanneliese se blog se dit alles 🙂

Kokkerot-sonde (Lang weergawe)

daar is geel
wat uitloop
in die waterbak
van ‘n son wat hoender-eier speel

en as hy val
(all king’s horses and all the king’s)
mense
wie gaan hom vang?

en dan kakkerlak-sondes…
wie eet die lyf
van die onthoofdes
soos ‘n kakkerlak?

net as die maan
deur die nagdak kraak
is almal blind
in die land van leuns

te hoog is die prys
om te betaal
as kakkerlak-sondes
die dwaas inhaal

te lank is die ure
te min is die vergeet
as dwaas sy eie kop af eet

net as die maan
deur die nagdak kraak
is almal blind
in die land van leuns

en mens, soms gee ek net op

(c) 2013-2015 allen simpson

Allen en Hanneliese se Cullinan tydvak

Jou wrintie waar, ek hou van Hanneliese se weergawe want dit vertel ‘n storie.

ALLEN EN HANNELIESE – VAN CULLINAN NA NAN HUA DEEL 3 St. Georges Anglican Church

St. Georges Anglican church
St. Georges Anglican church

Die kerkie

Klip tot klip
bloed, sweet
noukierig gemeet
‘n gebou net om te weet
daar is ‘n plek om te bid
‘n geloofsbesit
word volk’s skatkis

hoe lank gaan jy nog staan
as my Moederland agter uit gaan?

(c) 2015 allen simpson
(Die St. Georges Anglican Church was deur die Britse argitek Herbert Baker ontwerp. Dit was gebou in 1904)

kerk 2

Sondeklip
‘Mag die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi…’

die klippie vlieg uit die hand
gegooi oor die diep diep dam
twee keer tref-tref hy die water
tot hy vir ewig sink
maar dink…
daar waar die klippie tref..
besef…
word kringe op die dam gebore
hulle word groter en groter…

ek hou ‘n klip in my hand
met hom kan ek moor
met hom kan ek seer
maar ek verf my klippie wit
met genade waarvoor ek bid…
en iewers word my woorde
omgesit in vlerke
en vlerke word hoop
en kringe word gebore
wat uitreik na my Godin se ore,
en liefde word ‘n wit klippie
op die altaar van haar hart.
‘n sondeklippie sonder sonde
‘n gebedsgeskenk sonder sonde…

‘So Mote it be…’

(c) 2012 allen simpson

kerk 3

Mirror of Stains.

I look in the mirror
between the stains I see,
you are there…
a wingless angel
a beacon of hope amidst the despair…

crow’s feet crown your eyes with wisdom
weathered skin tells of hard paths, walked
Hair grey of silent witness
of how life’s tales unfolded…

distant memories, written in stains
distant visions, distorted remains
old pleasures to haunt the flesh
oh the spirit always willing, I confess…

mirrors never lie
even in stains
perfection is still a lie…
my angel…

(c) 2012 allen Simpson
inspired by ‘Amok’ and ‘O Brother Sleep’ by the band DIARY OF DREAMS.

kerk 4

Koffie kringe

op die hout tafel
die tafel met diep snye
van gisters se vleis kerf
tamaties halveer
en oupa se sigaretbrandkolle
songebak op die agterstoep
wink ‘n duisend koffie kringe
van tye toe ons nog
familievas was
toe ons nog kersdae saam
een-volkig uit volle hart
saam gesing het

nou is daar nie meer nuwe
koffieringe
op die tafel nie
gelukkige gisters
het koffiekolle van onthou geword
wat die knop in die keel
swaar laat afsluk

my volk waar is jou familie?
waar is jou ouers?
waar is jou kinders?
is ‘airtime’ te veel vir liefde…

(c) 2012 allen simpson

(c) 2015 allen simpson
Dankie alweer Hanneliese wat model gespeel het vir my foto

Die Gedig ‘ Mirror of Stains kom uit my eerste bundel ‘Tales From the Flow’

los my jou spoor

ververlang maak my bang
die gaping tussen ek en jy
oor duisend myle weg en
ek vra los my jou spoor

op ‘n stasie het ek gewag
die trein sien vertrek
my hart was sag
en skielik was jy weg

totsiens is soms bitterseer
maar vaarwel is hel
jy gaan duisend myle weg
en ek vra jou los my jou spoor

eendag gaan ek my tas vat
jou soek in die verre stad
ek hoop jou spore lê orals vas
soos dit gesement is in my hart

want leeg is ek sonder jou
‘n leemte wat in my kou
duisend myle ver van nou
hoop ek jy gaan wag vir my

(c) 2015 allen simpson

ALLEN EN HANNELIESE – VAN CULLINAN NA NAN HUA DEEL 2 Cullinan se groot geheim

Selfs die twee pragtige platiekmeisies sal getuig dat daar iets geheimsinnig aangaan in die ou Cullinan Recreational Centre.

Dit het so begin. Ek en Hanneliese het in Oak Straat rond gesnuffel toe ons ‘n winkel gewaar met die woord ‘Chocolateur’ opgegriffel. Nou sjokolade is nou maar die wolfie se swakpunt en toe ek sien die deur is oop het ek Hanneliese gegryp en ingesleep. Agter ons het ‘n ou tannietjie ook hygend in gedraf. Lees voort “ALLEN EN HANNELIESE – VAN CULLINAN NA NAN HUA DEEL 2 Cullinan se groot geheim”

Allen en Hanneliese van Cullinan na Nan Hua Deel 1…adamas

Hanneliese se gedagtes ook oor Cullinan se groot gat, oor diamante en dinge wat veel meer werd is.

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑