Lees Met Gees

In ‘n sogenaamde kwarentein is daar min wat mens kan doen, so ek het uit my duisende boeke in my boekrakke ‘n paar gegryp en gelees en ook een of twee e-boeke. Ek wou al lankal #LeesMetGees gedoen het op my blog maar my werk, my lewe en ander goete het my weg van boek lees gehou. Ja, ek het baie gelees maar dit was vir my werk. Toe kom Corona en sif haar gif op die planeet en wel, toe herondek ek lees.

My boeke se waghond
My boeke se waghond

Gewapen met boeke, ek en my beste vriend, my worshondjie het ons op ‘n rusbank gesit in ‘n koue kamer (ons huis sien so min son dit voel soos die Suid-Pool hier), het ek begin verlore raak in boeke soos Stephen King se Duma Key, Koning van Katoren van Jan Terlouw (wat ek laas as voorgeskrewe boek gerlees het in Standard 8 in Hollands nogal), Breyten Breytenbach se Beginsel van Stof (wat ek seker vir die sesde keer lees) en Abraham Lincoln, Vampire Hunter deur Seth Grahame-Smith. Verder het ek ook soms agter my rekenaar gesit en e-boeke gelees.

EK sal ‘n paar liggies behandel in die weke wat kom en julle vertel waaroor dit gaan. Het julle ook lekker gelees in die ‘gevangenis’? Wat het julle gelees? Watter van die vier boeke hierbo moet ek julle van vertel, eerste?

O, en dankie aan my vriendin Stefanie wat die mooi dinosaurus prentjie vir my geteken het.