Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

stenig

hekse moord

stoning-1024x683

iewers roep ‘n hadeda ‘n weenklaag
en vader son kyk mistroostig af
in skaamte
die gepeupel staan en hoonlag
rotse in die hande

sy sit en huil alleen
die mense kyk met duiwelsoë
sy word uitgejou
‘heks’ ‘vervloeking’
en net omdat hulle glo

dat sy die Tikoloshe roep
net omdat sy
vallende siekte het

die eerste klip vlieg en breek haar wang
en klippe begin rëen
sy sterf ‘n honderd dode
terwyl ‘n hadeda iewers saggies ween

(C) 2013 allen simpson

sub mens

000 00 01 Scary Horror Wallpapers 6

die sub mens word gestenig
weerloos kaal soos ‘n slagdier om ‘n skare verrotte bliksems
wat net haat, wat net altyd glo reg is reg
wat die sub mens sien as ‘n bedreiging

dis erger as die donker eeue
die media gee die kanker selle stroop
die kanker selle word sterk
wrede dinge vloei soos bitter manna
en word soos lazarusse opgewek

gister se selfde kak word weer en weer afgedruk in die keel
van die honger gepeupel
wat soos maaiers nie ophou vreet nie

pyn is kos en ons is almal honger
ons is onmenslik
se hulle
moord, verkragting, haat, jaloesie, trots
is dit onmenslik?
nee, dis deel van die mens

ons vat die wat nie ‘onmenslik’ wil wees nie
die wat pyn en seer wil genees
maak hulle sub mens
niks

en siembamba mamma se kleinjie
want ons het die mag

jy hoef nie te glo in satan nie
want die mens is ‘n erger duiwel
teenoor homself

(c) 2015 allen simpson

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑