hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou
branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond
ons kan gaan sit by die karosel
onder ‘n sambreel al die skepe tel
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see …
o-
stadig die somer
stadig die somer
en hoog in die lug
dryf die wolke rond
hier kom die somer, die son
hier kom die somer, die son
dae soos heuning
warm en lou
branders rol in by die see
branders rol uit by die see
en hoog in die lug
dryf die meeue rond
ons kan vir on sdalk ‘n eiland koop
niemand sal weet ons het weggeloop
later gaan ons ver oor die wit sand loop
en kyk as die son sak in die blou see
o-
stadig die somer
stadig die somer
en hoog in die lug
dryf die wolke rond…
Augustus 14, 2014 at 10:08 nm
So nou is jy die een wat vloek en die s-woord gebruik 😉
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 12:25 vm
hehehehe ja lol
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 8:44 vm
Dankie vir die, Johannes Kerkorrel roer altyd iets in my.
Dinsdag of Woensdag het hulle op die radio gepraat oor die ooreenkoms tussen hom en Robin Williams, en na die tyd speel hulle “Al Lê Die Berge Nog So Blou”. Kan jy glo toe sit ek in grens in my kar! Dink die mense het gedink ek makeer seker iets! 😆
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 10:08 vm
My broer Henry het my voorgestel aan Kerkorrel se musiek in die 1980s toe ek op skool was en ek is nog al die jare ‘n groot aanhanger van sy musiek. Sy selfmoord, net soos die van Robin Williams het leemtes in my lewe gemaak want hulle was al twee reuse in die vermaaklikheids wêreld.
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 10:11 vm
Ja dis rerig hartseer dat sulke mense net ophou bestaan so vroeg. Hulle het soveel om te bied.
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 10:17 vm
Mense soos hulle moet vrek oud word sodat hulle meer en meer mense met hulle unieke wysheid kan aanraak… maar ja, ongelukkig is depressie ‘n bitter pil wat so baie goeie mense so bitter vroeg van ons af steel….
En glo my ek lei aan depressie, en dit van guts om elke dag teen dit te veg. Maar ek is nie die selfmoord tipe nie. As digter het ek die unieke geskenk in poësie gekry om my depressie weg te skryf. En as ek depresief is skryf ek net positiewe goed. Dit help.
Ek was lanklaas depresief, gelukkig. Ek het deesdae meer goeie dae as bad dae.
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 10:21 vm
Ja dis baie erg, ek is ook ‘n depressielyer en worstel daagliks nog met dit.
Soms gaan dit goed, maar wanneer dit sleg gaan gaan dit SLEG.
Gelukkig het ons so baie van hulle – musiek en boeke en flieks en bundels ens – om hulle te onthou. dis nou nie die regte ding nie, maar dis beter as niks?
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 2:24 nm
Gelukkig ja… en dit tel baie ook.
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 9:00 vm
Ek verlang nog steeds na Johannes, hy het ‘n groot merk op my lewe gelaat…..
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 10:10 vm
Ek weet hoe jy voel Monica. Hy was iets besonders en ek het eendag met Lize Stassen gesit in ‘n restaurant na haar een konsert by Pierneef Teater en ons het gepraat van hoe ons sy musiek mis.
Sy het sy Hillbrow liedjie daardie aan opgevoer en baie mense moes ‘n traan wegvee…. ek inskluis
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 10:25 vm
Ek het nie een van sy konserte gemis nie insluitende die Voêlvry toer toe hulle hom nie wou toelaat om op die Puk-gronde op te tree nie, toe is hy hotel toe en die saal was gepak! Ons was die enigste ouer mense wat daar was en het ek my eerste chap op my hand gekry. Daardie aand het ek diep lief geword vir Johannes Kerkorrel- Rabie.
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 2:26 nm
Ek weet hoe die gevoel is om daai eerste stempel by ‘n konsert te kry. Ek wens ek was by een van sy konserte… ai… ek was darem al by menigte ander se konserte, maar ek het ‘uit geloose’ soos ons in slegte Afrikaans sê
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 3:30 nm
Die somer en son kan nie gou genoeg kom nie 😉
LikeLike
Augustus 15, 2014 at 3:31 nm
Ek sien net uit na die reën hehehehehe
LikeLike