skryf my jou liefde
sommer op ‘n oliebevlekte vis en tjips papier
teken hartjies waar olie kolle versier

druk ‘n rooi soen sommer onder dit by
liefde is eenvoudig
sonder tierlantyntjies by

ek soek nie duur geskenke of ‘n kerslig aand
net jou hart gevleg in myne
en dalk ‘n simpel stink kakiebos tak
want selfs die minste moeite
maak die meeste saak

skryf my ‘n gedig
sommer met jou oog
as jy kyk in myne
met jou siel
sien ek net ‘n reënboog

liefde is simpel, eenvoudig
net gee
wat jou hart ken
en dis dieper as die blou blou see

(c) 2013 allen simpson

Fotografie: Hanneliese Bredell