Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

oordeel

Hunky-dory

loop in my skoene
sit my bril op
alles is ‘peachy’
dis hunky-dory seisoen
dink jy
Lees voort “Hunky-dory”

verbind

(Nota: Die gedig dra ek op aan my pragtige nefie Donnovan, een van die mooiste mense wat ek ken, die gedig gaan nie oor hom nie en oor hom, dit gaan oor ons almal)

ragfyn waar oë net blindlangs staar
lynne tussen elke siel
jy ken dalk iemand wat iemand (wat ek ken) ook ken
almal van ons gekonnekteer Lees voort “verbind”

Keiser se klere

soms is ons blind
loop kaal, naak deur die strate
soos ‘n keiser sonder klere

ons besluit ons het al die antwoorde
sien ‘n vuil vrou bedel by die stopstraat
en wonder wat is haar keuse van dwelms vanaand

maar wie is sy om tot daar te kom
was sy ook ‘n keiser sonder klere?
het sy maar net geval?

kyk in jou spiëel
voor elkeen van ons is ‘n abyss
is jy seker jy sien nie jou een voet oor die rand nie

ons almal is in ‘n fragile plek
maar ons is blind
ons is keisers

kaal
en fokken blind…

(c) 2016 allen simpson

Mea Culpa (Alleen)

vergewe my as ek dit wat ek nie verstaan nie
summier op ‘n ashoop gooi
ek is bang vir wat ek nie weet nie
en dink alles wat my verstand te bowe gaan
is alles behalwe mooi
vergewe my as ek
slegs raaksien in dit wat ek nie ken nie
ek is maar net ‘n tonnelvisie-ou
moslem, hindu, vegan, gay
ek verstaan nie, gaan hulle vermy

*

ek lê so bitter alleen in my bed vanaand
hoekom is ek alleen?

(c) 2013 allen simpson
geinspireer deur Tears for Fears se Mad World

My inspirasie is mense wat niemand aanvaar vir wat hulle is nie, wat nie die mooi in ander sien nie en my inspirasie is ook die feit dat ek nog altyd sulke mense sien alllen opeindi… sonder liefde

blind soos as

daar is ‘n plek wat nie geken word nie
daar is ‘n hart wat ontken word
dis is die hart van wat veroordeel word

daar is oë so blind soos as
wat niks kan sien nie en die een wat veroordeel word
net met bloed wil was

hoe kan jy soos ‘n kind word wat net glo
as jy oordeel saai soos ‘n seniel fosiel
los ander hulle heil dis hulle sin
want dalk ‘regter’ is Jou tyd min

as mense anders is
maak dit hulle nie sleg nie, gewis
gee jouself ‘n kans
om goedheid in anders te sien

daar is ‘n plek wat nie geken word nie
daar is ‘n hart wat ontken word
want jy is blind soos as

(c) 2014 allen simpson

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑