Maak jou oë toe vir ‘n oomblik. Verbeel jou jy sien mense van verskillende gelowe en rasse. Verbeel jou jy sien deur hulle velle en jy sien die bloed in hulle are. Verbeel jou dat jou seun of dogter of man of vrou ‘n bloed oortapping nodig het. Verbeel jou ‘n nie-Christen of ‘n anderskleurige as jy se bloed is die enigste wat daardie persoon kan red.

Haat is ‘n siekte. Bloed is nie ‘n siekte nie. Om ‘n Moslem, Christen of Heiden te wees is nie ‘n siekte nie. Om ‘n metalhead of Country-musiek entusias te wees is nie ‘n siekte nie. Om ‘n kleurling, swart man of wit te wees is nie ‘n siekte nie.

Hoekom maak ons soveel kak vir onsself deur mense te oordeel wat anders is? Hoekom moet almal in Jesus, of Allah glo. Hoekom moet ‘n ander kultuur altyd gestempel word as ‘moordenaars’of ‘onlusstokers’?

Hoekom moet ons altyd mense wat ons nie aanvaar nie in ‘n donker plek in die hart sit, en alleen die sonskyn gaan geniet?

Is dit omdat ons gulsig is en vol haat?

Hoeveel eeue nog sal dit vat voor ons sal leer dat elke een op die planeet so so spesiaal, mooi en uniek is?

Die uniekheid van mens wees is ‘n geskenk. Aanvaar dit.

(c) 2016 allen simpson

Foto geneem by die Voortrekker Museum deur Hanneliese Bredell

Dankie Alicha vir die inspirasie