Baie goeie blog artikel en ek het soos volg daar kommentaar gaan lewer:

Iemand het eendag vir my gesê ek is vet toe sê ek:”Ek is beslis nie Vet nie, op my geboorte sertifikaat staan geskryf ‘Allen’, maar ek sal die Vet persoon gaan soek wat soos ek lyk en hom sê jy soek hom.”

My redenasie: Vet is ‘n bestandeel, ek HET vet want ek is ‘n oorgewig man, ek is nie vet nie want ek is nie ‘n bestandeel nie. Ek sal ook nooit ‘Vet’ word nie, want Allen is ‘n pragtige naam wat my ouers my gegee het 😉 Hoekom moet ons ons laat definieer deur bestandele. Ons is nie bestandele nie, ons is mense.

Verslanking

Ek kan nie kaart speel nie, maar daar is baie stories en flieks wat wys hoe kaartspeel soos die lewe is.   Die basiese waarheid van kaartspeel (en die lewe), is dit: jy kry ‘n sekere “hand” kaarte, en jy moet die beste daarvan maak.   Soms kry jy ‘n swak hand, maar met slim spel kry jy dit reg om te wen.   Nogtans sal enige mens verstaan dat diegene wat ‘n swak hand kaarte kry, nie altyd kan wen nie.  Dis maar hoe die lewe is.   Maar as jy ‘n dapper soort mens is, vat jy die hand wat jy uitgedeel is, en kyk hoeveel jy daarmee kan uitrig.

In die lewe is dit ook so.  Sommige mense word in ryk gesinne gebore, en is boonop geneties bedeel met gene wat hulle hul lewe lank slank hou, sonder dat hulle veel hoef te doen om hulle slankheid…

View original post 241 more words