3 rondawels

‘n Cerberus van rots
in skone trots
reik uit na die vaalblou hemel
in jubellende ekstase
asof hulle wil styg
in die uitspansel in
daar is ‘n sirene sang wat,
asof magneet roep en sê:
‘Kom klim ons vlieg saam’

Nes Cerberus getrou wag
wag hulle tot eendag
vir my om op ‘n kruin te staan
en te skree…

tot kranse eggos in krag antwoord sal gee…

(c) 2016 Allen Simpson

Foto Kopiereg (c) 2012 Theo Breedt
Foto van Die Drie Rondawels by die Blyderivier Vallei gebruik met permissie van Theo Breedt

Dankie Theo!