daar is ‘n lelie in my tuin
reinwit kelkie
wat dou soos wyn opvang

daar is ‘n kelkie in my hart
vol dou van trane
maar net van lag

en vir jou, net vir jou
is daar ‘n slukkie wat wag.

(c) 2013 allen simpson
vir Hanneliese, my gunsteling fan en vriendin

my getrouste leser op Wolfshadowwhispers
my getrouste leser op Wolfshadowwhispers