Vanaand verskiet ek vir jou soos ‘n ster,
hou my styf vas, jy vat my ver,
duskant die Dogon se ster
wil ek vir jou ‘n blom gaan pluk
jou sagte hare daarmee rangskik.
Jou vat op ‘n bootreis op die maan
Mare Imbruim en Mare Crisium deur vaar
tot ons seilbootjie wil dapper vlug
op ‘n sterrewind se rug.

En die sterre sal in jou oë in klim
en ek sal hulle in jou opsoek
en ons sal mekaar duskant middernag vind
in ons harte is ons vir ewig kind…

Ons sterre sal vir ewig wees
dit is die astologie in ons gees…

(c) 2013 allen simpson

ek deel die gedig weer op aanvraag