Die woord uniek, eindig met ‘ek’
en ek is my eie persoon
nie ‘n kloon
nie ‘n plastiek goedkoop namaaksel
van wat die wêreld my wil maak nie.
ek is uniek
ek is ‘n droom in die oog van my Maker
ons elkeen is ‘n droom in die Maker se oog
en die Maker wil net hê
dat jy en ek
die beste weergawes kan wees van onsself wat ons is.

laat ons lig gee vir mekaar
laat ons brand in die donkerte
soos kerse
ons uniekheid vier
en wys vir ander:
“julle is ook mooi,
julle is ook uniek,
wees jouself
want in uniek,
is ‘n ‘ek’
wat wag om te skyn
en lig te bring’.

(c) allen simpson
wees ‘n uni(ek) lig vir jouself en ander.

Foto geneem te Sudwala