doodskaduwee

donkerkamers agterstraats
verloor sy haarself en haar geskenk
bang was sy om in die wrede wêreld
alleen lewe te gee
maar by ‘n wasbak
bly sy haar hande was
en wonder was dit haar reg
om ‘n gekenk weg te maak
in die vallei van doodskaduwee
is almal sielnaak…

(c) 2013 allen simpson
die persoon in my gedig is net ‘n karakter en reflekteer nie my sienswyse oor die saak nie. As kunstenaar wil ek net buite die verhaal ‘n verhaal vertel.

Prentjie gekry van ‘n muurpapier webwerf af