net gister het jy ‘n droom vir my gevang
jy het ‘n stukkie son en maan in geweef
en geseël met jou pragtige lag
daar was spinnerakke in jou hare nog
waar jy gekruip het in takke en bosse
agter die droom aan…

net gister het jy woorde vir my gefluister
wat net jy verstaan
maar die betekenis het soos hoendervleis oor my siel en vlees gevloei
net gister het jy my ‘n prins gemaak
die prinses in jou het my aangeraak
my wese gevul

net gister moes ek weg gaan
na ‘n ander plek
en jy, jy moes agter bly
want waar die dood heen gaan
is geen plek vir dromers nie

net gister is jy ‘n ewigheid
vandag gloei jy nogsteeds
en die in dae voorentoe is jy nogsteeds sonder vergaan

Muses is onsterflik
ewig
julle gisters, net stories
wat nooit wegdwaal

(c) 2016 allen simpson
vir inspirasie, my beste vriendin

Foto geneem deur Hanneliese Bredell te Roodeplaat Dam