Daar is ‘n moeras tussen wakker en slaap
Waar drogbeelde en kamma-kamma denke jou gevange hou
Jy sien dinge agter geslote oë
Wat jou laat wonder of jy nog in slaap kan glo
Klaas Vakie giggel iewers in sy mou
Sy ‘spesiaale sand’ was vanaand net vir jou

Jy sê jou mantra om aan die slaap te raak
Kick-start jou geloof in engele wat om jou waak
Brom dan vies vir die illusies in jou brein
En tel karoo-skape tot al honderd en drie verdwyn

Dan iewers sag raak jou asem rustig
Jou brein word lig soos ‘n veer
Jou laaste gedagte en jy glimlag soos ‘n seraphim
‘Nou slaap ek’

(C) 2013 allen simpson

Foto geneek te Oak Straat, Cullinan deur Hanneliese Bredell