Isis, Asterte, Diana, Hecate, Demeter, Kali, Inanna
sewe name, sewe godinne, sewe geskenke vir die wat vra
Isis, Asterte, Diana, Hecate, Demeter, Kali, Inanna
sewe name, sewe godinne, sewe geskenke vir die wat vra

Isis

Koningin van die troon
Moeder van die Oes
‘n lewende woord
‘n Feniks wat hergeboortenis bring

Astaste

Vrugbaar en sensueel
oorlogsgodin, en moeder van liefde
want liefde is soms oorlog
en soms in elke vrou ‘n Helena van Troje

Diana

Jagteres, en Moeder Maan
heerseres wat oor diere staan
ewige Maagd, Maria van die Heiden
Moeder God, van bevryding

Hecate

Donker is jy soos die misterie van die vrou
jy wat die kruispad in die lewe onderhou
Moeder van keuses en lief en leed
wat donkerte uit die donker weg vreet

Demeter

Jy wat oor seisoen waak
wat beheer het oor oeste
winter treur jy oor jou hart se punt
om haar in die lente weer te vind

Kali

Jy wat siele red
wat donker magte verslaan
kalm liefevolle moeder
vurige vergterin

Inanna

Jy wat geboorte bring
waar droogte baarmoeders teister
wat liefde volbring
aan die wat vir jou luister

Isis, Asterte, Diana, Hecate, Demeter, Kali, Inanna
sewe name, sewe godinne, sewe geskenke vir die wat vra

(c) allen simpson
eer aan die Moeder )O(

Die gedig word opgedra aan Hanneliese Bredell wat altyd bereid is om my proefkonyn te wees as ek fotos neem.

Model: Hanneliese Bredell

Fotografie en konsep: Allen Simpson

Alle Fotos die alleen reg eiendom van Allen Simpson en Hanneliese Bredel