die lande staan ryp in oes
(die rawe, die rawe wat verwoes)
en mielie-mielie rustigvoort
‘n swerm van rawe
(die rawe, die rawe)
daal soos satan en kie
uit hemele neer
asof uitgeskop

en alleen geskruisig en verinneweer
is ‘n scarecrow
(voëlverskrikker man!!!!)
sy hoed al lankal net ‘n troos
sy klere ‘n herhinnering
van oupa Gert se dae
hy hang so hartseer
sy strooikop peul-peul

maar saggies kom ‘n wind
en versigtig tuur ‘n raaf se kind
scarecrow beweeg skielik so sag
rawe kraai in raafgesprek
en vlug in sinkroniese trek
(dikbek)
en in die oorlog op die plaas
het scarecrow weer die laaste lag
maar hy wag
hy droom
ook eendag miskien
is daar vir hom
‘n loon…

(die digter sug
sy kop raas
te veel ‘wizard of oz’
het sy muse aangetas)

(c) 2013 allen simpson

Oorlog op ‘n plaas is ‘n mal ou gedig wat ek verlede jaar geskryf het en ek dink dit is gepas vir (Sk)Oktober. Ek wou speel met alternatiewe digstyle, so ek hoop julle geniet iets ‘way-out’ alternatief met my.