Hierdie aand stuur ek vir jou
‘n stukkie hemel, stukkie blou
my liefde roep in sterre
miljoene sonne wat soos rookseine stuur
in flikker morse-kodes wat
jou naam sein op die maat van my hart
hierdie aand wil ek vir jou
‘n aandblom pluk
dit in ‘n waterstroompie sit
en bid dit vloei tot by jou

jou woorde weet ek roep na my
waar jy iewers in my drome bly
Jou rookseine sê my naam

maar jy is so ver, te ver vanaand

(C) 2013 allen simpson
Geinspireer deur Lucas Maree se musiek

Dankie Lucas Maree vir jou aandeel aan Afrikaanse Kuns. Jy word gemis.