Pragtige Tiere
Pragtige Tiere

Gedurende my en Hanneliese se tydjie weg, toe ons by Kaya Inkuni gebly het, het Laetitia gereël dat ons die Predators Rock Bush Lodge & Zoo besoek. Die plek het mak wilde diere asook ‘n ‘predator park’ op hulle perseel. Ons het stil gehou en twee pragtige tiere het ons gegroet by die perseel se restaurant. Toemaar hulle was in hulle hok. (Sien Foto bo).

Jasper Die haarstylis

Jasper die Haarstylis
Jasper die Haarstylis

Deur ons toer het ons by ‘n ander tier hok gestop waar ‘n familie tiere bly. Die hok was groot en hulle kon vrylik rondharloop. Ons gids het by die hok gaan buk en een van die tiere, Japser het ons gids se hare begin lek. “Jasper is my haarstylis” het die man gespog. “As ek more wakker word sal my hare nog staan soos die tier my gelek het. Beste haar produk en dis natuurlik.”

Daar is toe gevra wie is braaf genoeg om Japser sy of haar hand te gee vir ‘n lekkie en natuurlik is die Wolf dapper as daar ‘n draagheining tussen hom en Jasper is toe laat ek die tier toe om ‘n proetjie van my hand te vat.

Jasper proe Wolf se hand
Jasper proe Wolf se hand

Die wolf het seker lekker geproe want Jasper het my ‘n diep kyk gegee in my kykers. Kyk hy was dalk ‘n jintelman tier agter die tralies maar die wolf sal nooit iets met so ‘n kat probeer nie, dis groot moeilikheid soek.

My tydjie met die tier het my laat dink aan die gedig The Tyger van William Blake

The Tyger
– William Blake

Tyger Tyger, burning bright,
In the forests of the night;
What immortal hand or eye,
Could frame thy fearful symmetry?

In what distant deeps or skies.
Burnt the fire of thine eyes?
On what wings dare he aspire?
What the hand, dare seize the fire?

And what shoulder, & what art,
Could twist the sinews of thy heart?
And when thy heart began to beat,
What dread hand? & what dread feet?

What the hammer? what the chain,
In what furnace was thy brain?
What the anvil? what dread grasp,
Dare its deadly terrors clasp!

When the stars threw down their spears
And water’d heaven with their tears:
Did he smile his work to see?
Did he who made the Lamb make thee?

Tyger Tyger burning bright,
In the forests of the night:
What immortal hand or eye,
Dare frame thy fearful symmetry?

Natuurlik was dit nie al wat aan my gelek het daardie dag nie… maar dit vertel ek julle more.

Wolfie Groete

(c) 2016 Allen Simpson

Fotos deur Hanneliese Bredell en Allen Simpson